JF OESTER

Somerhitte & Hartklop: Conrad steel JF se harte

Sep 12, 2025

Berig Deur Adele Pienaar

Somer is gewoonlik sinoniem aan son, ysies en stranddae – maar die afgelope twee jaar is dit ook sinoniem met The Summer I Turned Pretty. Hierdie reeks, gebaseer op Jenny Han se beroemde trilogie, het definitief sy merk gemaak op tieners wêreldwyd – en ook hier by Hoërskool Jim Fouché.

Die groot vraag van die reeks?

Is jy Team Conrad of Team Jeremiah?

Ons skool het besluit om dit finaal uit te sorteer – en ná ’n stemronde onder die leerders is dit amptelik: Team Conrad wen met gemak!

Wat maak Conrad so spesiaal?

Vir baie van ons het Conrad se karakter daardie “bad boy energy” wat jy nie heeltemal kan peil nie. Hy’s stil, kompleks en dra sy emosies soos ’n geheime kode wat net wag om ontrafel te word. Soms frustreer hy jou (oukei, baie keer), maar jy kan nie help om te hoop hy kry sy gelukkige einde nie.

Jeremiah, aan die ander kant, is die vriendelike, openhartige broer, en dalk die makliker keuse – maar hoekom kies soveel JF-leerders steeds vir Conrad? Dalk omdat tieners hou van ’n bietjie misterie, dalk omdat hy diep binne-in sy siel eintlik net liefde en lojaliteit wil wys.

Seisoen 2 – emosies op ’n hoër vlak.

Met die derde seisoen wat nou pas uit is, raak dinge intens. Die  liefdesdriehoek tussen Belly, Conrad en Jeremiah is nog meer ingewikkeld as voorheen. Elke episode voel soos ’n emosionele tuimeltrein – een oomblik wil jy skree “Kies hom nou al!” die volgende oomblik gryp jy ’n sneesdoekie. Die reeks wys hoe eerste liefde nie altyd eenvoudig is nie, en hoe elke karakter op hul eie manier probeer om plek te vind in ’n wêreld wat vinnig verander.

’n Klein peiling vir volgende keer: As jy moet kies:

  1. a) Misterie en intensiteit.
  2. b) Fun en vriendelikheid.

Laat weet ons jou keuse in die kommentaarafdeling.

JF OESTER

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.