JF OESTER

Die verhaal van Bloedval

Jul 31, 2025

Berig Deur Shiloh Smith

Almal vertel nou en dan ’n onskuldige witleuentjie. Miskien het jy al huiswerk afgeskryf, of gesê jy voel siek net om nie skool toe te gaan die dag nie. Dalk het jy “vergeet” van die ekstra klas of vir jou afrigter gesê jy het ’n ander afspraak die middag net omdat jy nie oefening wil bywoon nie. So as jý dit mag doen, kan ek dit seker ook doen? Dan kan enige iemand dit mos doen?

Dít is die verhaal van Bloedval. In dié arm dorpie in Suider-Afrika het die inwoners hiérdie konsep gereeld toegepas. Een winter het daar ’n vloek op Bloedval neergesak. Dit het die dorp soos ’n stroomtrein sonder brieke getref.

Hierdie absurde riller vertel die verhaal van Bloedval vanuit die oogpunt van vier kinders wat in die dorp grootgeword het. Bloedval is geskryf deur Robert Kruger. Juffrou Elizri Malan het die regie behartig. Dit sal jou vir seker op die punt van jou stoel laat sit soos die verhaal ontvou.

Die rolle word vertolk deur Jandré van der Walt, Suné Deacon, Elanelle Strydom en JD Joubert. Hierdie akteurs sleur jou mee op hierdie bloederige avontuur, en jy kan nie help om alles saam met hulle te voel nie.

Die absurde riller is geskryf op ’n manier wat verseker dat elkeen in die gehoor hulle eie unieke ervaring en belewenis op die toneelstuk kan toepas. Bloedval vra elke individu om in te koop in ’n wêreld wat vreemd voorkom, maar jou tog innooi. Jy voel welkom, ongemaklik, en selfs geskok soos wat jy in die nuwe realiteit begin leef.

Daar is om elke hoek en draai ’n nuwe verrassing, en jou mond sal oophang wanneer die gordyn sak. Bloedval sal in jou maag gaan lê en lank vat om te verteer; tog sal jy dele van toneelstuk saam met jou dra op die reis van die lewe… Dele wat vir jou op verskeie plekke baie waardevol sal wees.

Kom beleef Bloedval saam met die Tienertoneel-span en kyk watter versteekte boodskappe op jou wag. Sal jy die geheime wat aan die stroppe in die dorp hang kan ontrafel?

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."