JF OESTER

Jim Fouché-leerder behaal GOUD by Internasionale Wetenskap Ekspo

Nov 2, 2023

Berig Deur Wihan Coertzen
Jaco se projek waarvoor hy ‘n goue medalje verwerf het.

Jaco Deysel, ‘n graad 10-leerder, het op 4 Oktober 2023 aan die Internasionale Eskom Wetenskapekspo deelgeneem, en ‘n goue medalje ontvang.  Dit is werklik ‘n besondere prestasie, veral as in ag geneem word dat 11 ander lande, insluitende Turkye, Indië, en Meksiko, ook deelgeneem het.

Sy projek, ‘Breaking a Caeser- and Vigenère Cipher,’ handel oor enkripsie en dekripsie. Enkripsie is die omskakeling van inligting of data in ‘n kodevorm, gewoonlik om ongemagtigde toegang te voorkom. Dekripsie is presies die teenoorgestelde.

In sy projek het Jaco verskillende metodes van enkripsie getoets deur ’n program te skryf wat ’n woord, sin of stel inligting in ’n kode verander. Hy het dan dié inligting met ‘n ander program ontsyfer. Hy het ook verskillende tipes ‘aanvalle’ op die geënkripteerde inligting geloods.

“Ek het glad nie verwag dat my projek so goed sou vaar nie!” het Jaco opgewonde opgemerk. “Toe ek in daardie saal staan met honderde projekte, het ek regtig gewonder wat die kans sal wees dat my ou projek ooit ‘n kans sal staan.”

Jaco se liefde vir IT en Wiskunde gaan hom net verder help met die navors van soortgelyke onderwerpe, en hy is baie opgewonde op die kans om dinge in die samelewing te ondersoek, en selfs te verbeter.

Hou hierdie nederige jong man dop, want sy naam gaan nog op almal se lippe wees!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."