JF OESTER

Jim Fouché-leerder behaal GOUD by Internasionale Wetenskap Ekspo

Nov 2, 2023

Berig Deur Wihan Coertzen
Jaco se projek waarvoor hy ‘n goue medalje verwerf het.

Jaco Deysel, ‘n graad 10-leerder, het op 4 Oktober 2023 aan die Internasionale Eskom Wetenskapekspo deelgeneem, en ‘n goue medalje ontvang.  Dit is werklik ‘n besondere prestasie, veral as in ag geneem word dat 11 ander lande, insluitende Turkye, Indië, en Meksiko, ook deelgeneem het.

Sy projek, ‘Breaking a Caeser- and Vigenère Cipher,’ handel oor enkripsie en dekripsie. Enkripsie is die omskakeling van inligting of data in ‘n kodevorm, gewoonlik om ongemagtigde toegang te voorkom. Dekripsie is presies die teenoorgestelde.

In sy projek het Jaco verskillende metodes van enkripsie getoets deur ’n program te skryf wat ’n woord, sin of stel inligting in ’n kode verander. Hy het dan dié inligting met ‘n ander program ontsyfer. Hy het ook verskillende tipes ‘aanvalle’ op die geënkripteerde inligting geloods.

“Ek het glad nie verwag dat my projek so goed sou vaar nie!” het Jaco opgewonde opgemerk. “Toe ek in daardie saal staan met honderde projekte, het ek regtig gewonder wat die kans sal wees dat my ou projek ooit ‘n kans sal staan.”

Jaco se liefde vir IT en Wiskunde gaan hom net verder help met die navors van soortgelyke onderwerpe, en hy is baie opgewonde op die kans om dinge in die samelewing te ondersoek, en selfs te verbeter.

Hou hierdie nederige jong man dop, want sy naam gaan nog op almal se lippe wees!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.