JF OESTER

Dit is nou uiteindelik tyd om die aap uit die mou te laat …

Jul 29, 2024

Berig Deur Twané Meyer

JF is trots om sy nuwe logo voor te stel.

Ons is in ekstase om aan ons JF-familie bekend te maak dat ons skoolwapen ‘n nuwe “look” gekry het. 

 
Die skoolwapen het ‘n paar veranderinge ondergaan, en na dae, weke en selfs maande se beplanning deur personeellede sowel as die beheerliggaam, is dit finaal goedgekeur.
Kom ons draai die horlosie terug in tyd en kyk waar alles begin het. In 1959 het die skoolwapen sy eerste verskyning gemaak met kleure gedateer uit 1954, toe die ou Wilgehofskool ontstaan het. Mevrou du Plooy (eggenoot van meneer P.W. du Plooy) het die kleure van die skoolwapen beplan en dit soos volg verklaar: Die groen verteenwoordig Wilgehof se wilge. Voorts is daar swart, want herhaldies moet die agtergrond van ‘n skoolwapen swart  wees. Die oranje simboliseer nou weer die Oranje-Vrystaat (die Eeufees het in 1954 plaasgevind), en laastens is daar wit, wat reinheid, opregtheid en getrouheid simboliseer.
 
Tussen 1959, toe die skoolwapen ontwerp is, en 2019, toe die skool se 60ste verjaarsdag gevier is, is daar pal rondgespeel met idees.
 
Verandering is egter nie altyd ‘n slegte ding nie, en beslis nie in hierdie geval nie! 
 
Die saaier, wat op die skoolwapen verskyn, kan nou heelwat duideliker gesien word, en loop hand aan hand met ons skool se leuse, “Saai om te oes.” Daar is ook ‘n paar fyner ‘detail’ wat verander is.
 
Maar dit is nie al nie…
 
JF gaan ook nou spog met ‘n nuwe logo, waar die J en die F aaneenlopend met mekaar verbind is. Die nuwe logo gaan sy verskyning maak op nuwe produkte wat binnekort ook bekend gemaak gaan word.
 
Dit was moeilik om hierdie verwikkelinge vir julle geheim te hou, en ons hoop dat julle nét so kinderlik opgewonde soos ons is oor die nuwe era wat ons saam as ‘n JF-familie gaan betree.
 
JF, nou weet julle wat ons weet!
Skrywer: Twané Meyer

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."