JF OESTER

Deur die lens: Imke Rust

Jan 27, 2026

Berig Deur Imke Rust

Hoofleierskap beteken vir my om lig te bring waar daar onsekerheid is, en hoop waar daar twyfel is.

Dit is vir my ’n groot voorreg om as ondervoorsitter gekies te wees. Ek gaan my beste gee om die tipe leier te wees wat ek self wou gehad het – iemand om na op te kyk. Iemand wat foute maak, maar groei; iemand wat nie die hardste praat nie, maar die een wat die diepste luister. Hoofleierskap is om die lig te dra sonder om ander mense se lig te probeer uitdoof.

My doelwitte vir 2026 gaan wees om ’n brug tussen die leerders en onderwysers te wees. Ek wil leerders motiveer om deel te neem aan JF se skoolaktiwiteite, en leer dat dit nie altyd gaan oor wen of eerste wees nie, maar om die oomblik te geniet. Dis vir my belangrik om JF se gees en betrokkenheid te versterk sodat ons trots voel om deel van hierdie skool te wees; nie net op groot dae nie, maar elke dag.

Nog ’n doelwit sal wees dat leerders ’n kopskuif sal maak en besef dat JF nie net ’n skool is nie, maar ’n plek waar verskillende mense, talente en persoonlikhede saamkom en waar vriendskappe vir ’n leeftyd gevorm word.

Uiteindelik is my laaste doel vir ons skool eenvoudig: om ’n plek te wees waar mense met trots kan sê: “Hier hoort ek!”

JF bou nie perfekte mense nie; JF bou REGTE mense.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.