JF OESTER

Deur die lens: Ansje Bekker

Jan 15, 2026

Berig Deur Ansje Bekker

Dit is iets wat almal altyd sê, maar dit voel régtig onwerklik om hierdie gevoel te moet skryf.

Ek onthou presies hoe ek op 27 Oktober 2025 tydens die graad 11-prysuitdeling gevoel het. Ná’n lang aand van prestasies lys, was dit tyd om die nuwe hoofleiers van JF aan te kondig. Ek was regtig rustig – tot ek op daardie verhoog saam met my mede VRL-lede geklim het … en toe word my naam gelees. Hier is die oomblik waar my herinneringe so ’n bietjie verdof, want om as hoofmeisie aangekondig te word, was regtig onverwags.

My oog het Lisa Botha, hoofdogter van 2025, se oog gevang, en ek het net daar geweet hoe baie sy dit gaan mis, en hoe baie ek my jaar as hoofleier moet inneem en waardeer. Sy het my ’n drukkie gegee, en ons kleurbaadjies het vir my ekstra mooi gelyk in daardie oomblik. Die hele skool wat voor my sit, het my hart laat swel van trots. In daardie twee minute voor my toespraak, het my hele skoolloopbaan voor my geestesoë verbygeflits.

Ek was ’n verskriklike opgewonde graad aggie, ’n “weird” graad nege (soos meneer De Wet sou sê), ’n gefokusde graad tien en ’n lewenslustige graad elf. En toe was dit my beurt om my laaste oomblikke te begin.

Ek hou daarvan om ’n jaar met ’n plan te begin; ’n sekere mentaliteit. Ek verwys nou nienoodwendig na groot doelwitte wat ná Januarie nie meer op die tafel is nie, maar na ’ningesteldheid wat my sal regop hou. Ek bou graag hierdie jaar op drie kardinale beginsels:Eerlikheid, deursettingsvermoë en nederigheid.

Na elke laaste sien ek uit. Ek sal elke oomblik met ’n glimlag aanpak. JF, dit is my voorreg om my skool in 2026 te kan dien!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.