JF OESTER

Ooste tot Weste, JF se vakansie op sy beste

Dec 15, 2025

Berig Deur Theani Botha

In ’n vinnige Q&A-peiling onder ons leerders se keuses vir vakansieplekke, het drie duidelike kategorieë na vore gekom: Weskus, Ooskus en die Binneland—en dit wys net hoe uiteenlopend ons vakansiedrome regtig is.

Aan die Weskus steel die Moederstad, soos altyd, die kollig, saam met gewilde familiebestemmings soos Hartenbos, Mosselbaai en George. Dis die deel van die land waar die son altyd bietjie warmer voel, die water altyd bietjie blouer lyk, en waar somer net eenvoudig… somer is.

Aan die Oostelike kus van Suid-Afrika, spring Durban en Jeffreysbaai uit as topkeuses, met Oos-Londen en KwaZulu-Natal kort op hul hakke. Hier gaan dit oor warm branders, hoë energie en daardie tipiese “vakansie-vibe” wat jou sommer vinnig laat vergeet van skool, toetse en druk.

En dan het ons die groep wat die binneland koester: van die sneeubedekte hoogtes van Lesotho tot die asemrowende Drakensberge, en selfs die rustige stiltes van plaaslewe. Vir hulle is ’n perfekte vakansie minder sand tussen die tone, en meer berge, mis en gesellige vuurtjies

Van branders tot berge, van sand tot sneeu ons leerders se gunstelingwegbreekplekke wys net hoe uniek elkeen se idee van ’n perfekte somer kan wees.

So sit op jou kersliggies, trek uit jou skoene, en RUS (hoe RUS ook al vir jou lyk).

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.