JF OESTER

Mooi loop, Juffrou Elmeré!

Dec 15, 2025

’n Geliefkoosde onderwyseres, juffrou Elmeré van der Berg, het die skool ongelukkig finaal verlaat nadat sy weer vir ses maande verskoon moes word om nóg ’n netbalseisoen mee te maak, en alhoewel dit nogal opwindend kan raak om te weet dat jou gunsteling-onderwyseres ’n professionele Protea-netbalspeler is, is die onaangename feit ook waar dat as sy nóú op reis moet gaan, sy nie weer kan terugkom nie.

Om te sê dat sy ’n impak gemaak het, is om dit lig te stel. Kyk net na die JF-leerders se optrede in en buite die LO-klasse: die manier hoe hulle aandagtig in die klas luister wanneer sy die LO-leerwerk moet verduidelik, wanneer hulle op die stoepe gesels en sê hoe hulle haar manier van klasgee geniet, leerders wat aan haar klaskamerdeur klop net om vinnig “hallo” te sê en tonne foto’s saam met haar neem wat dan as WhatsApp-profielfoto’s gebruik word. Dat hulle haar respekteer vir meer as haar netbaltalent, is duidelik.

Dis natuurlik baie swaar vir die JF-tieners om van haar afskeid te neem, maar dit sal gedoen word met tonne goeie herinneringe, en pieringgroot oë wat tydens elke wedstryd na die televisieskerm staar. (En elke nou en dan ’n uitroep van “Ek ken haar!”)

Totsiens, juffrou Elmeré. Jy is altyd in ons harte!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.