JF OESTER

PARIS FASHION WEEK? NEE, JF MATRIEKAFSKEID!

Oct 31, 2025

Berig Deur Karli Botha

Kom reis saam deur die strate van Parys – waar liggies en flair met passie vermeng.

Hoërskool Jim Fouché se matriekafskeid het vanjaar op 10 Oktober by Leopards and Lace plaasgevind.

Dit was ’n aand in Parys, en hierdie tema was duidelik sigbaar soos die uitgevatte matrieks deur liggies reg binne in ’n Franse sprokie gestap het – met selfs die bekende Eiffeltoring sigbaar in die agtergrond.

Almal het gestraal, en nie net omdat hulle in pragtige uitrustings rondgeloop het nie, maar ook oor die hart wat agter die aand gelê het. Elke matrikulant sien al uit na dié aand vandat hulle ’n klein graadaggie is wat pas hulle voete in die nuwe groot skool gevind het.

Die seuns, ekskuus – jonge here – het deftig gelyk in hul pakke, terwyl die meisie – nee, jong dames –  asemrowend vertoon het in hulle rokke; hare en grimering eksie perfeksie. Hierdie jaar was dit bykans onmoontlik om ’n tendens van kleur of styl vas te vang, want almal was uniek.

Die weer het ook goed saamgespeel en dit het slegs effens begin drup toe almal reeds in die saal was, maar dit het net bygedra tot die romantiese atmosfeer. Die saal was getooi in egte Franse Flair.  Die voorgeregtafel het gekreun onder smaaklike canapés, en die nageregtafel het elke soettand se mond laat water.  Vir die hoofgereg was daar onder andere pampoenkoekies en hoenderpastei, en niemand is honger huis toe gestuur nie.  Ook die dansvloer was nie vir een oomblik leeg nie.

Hierdie aand was werklik een vir die boeke, maar ook ’n bittersoet aand, omdat almal besef dat die einde naby is, maar ook hoe baie hulle gegroei het.

Almal sal saamstem: Hoërskool Jim Fouché se matriekafskeid van 2025 was ’n “Eiffeltoring-grote” sukses!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.