JF OESTER

Sneeuwitjie trek nuwe baadjie aan

Jun 11, 2025

Berig Deur Lisa Smith

Sneeuwitjie, die bekende en geliefde verhaal van ons kinderjare, is onlangs weer herskryf in ‘n meer moderne weergawe.

Alhoewel dit steeds die oorspronklike storielyn volg, het ons nie hier weer te doen met ’n hulpelose nooi wat wag vir die prins om haar te red nie. In plaas daarvan gaan hierdie Sneeuwitjie oor een wat beheer neem oor haar eie lewe en kies om goed te wees in ‘n wêreld wat wreed teenoor haar was. Ons volg Sneeuwitjie terwyl sy van haar ou lewe gestroop word en gedwing word om onder die nuwe koningin te oorleef, maar dit skrik haar nie af nie. Sy toon groot moed in die aangesig van gevaar en moedig almal rondom haar aan om te veg vir die wêreld wat hul eens geken het.

Die karakters is onvergeetlik; jy sal onmiddellik verlief raak op die eienaardige dwerge en charismatiese dief. Selfs die bose koningin sal ’n indruk op jou los.

Ek moedig die kyker sterk aan om hierdie fliek te gaan kyk. Dit vul jou nie net met ‘n gevoel van hoop nie, maar help jou ook om te onthou dat selfs die slegte dinge sal verbygaan.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.