JF OESTER

Sneeuwitjie trek nuwe baadjie aan

Jun 11, 2025

Berig Deur Lisa Smith

Sneeuwitjie, die bekende en geliefde verhaal van ons kinderjare, is onlangs weer herskryf in ‘n meer moderne weergawe.

Alhoewel dit steeds die oorspronklike storielyn volg, het ons nie hier weer te doen met ’n hulpelose nooi wat wag vir die prins om haar te red nie. In plaas daarvan gaan hierdie Sneeuwitjie oor een wat beheer neem oor haar eie lewe en kies om goed te wees in ‘n wêreld wat wreed teenoor haar was. Ons volg Sneeuwitjie terwyl sy van haar ou lewe gestroop word en gedwing word om onder die nuwe koningin te oorleef, maar dit skrik haar nie af nie. Sy toon groot moed in die aangesig van gevaar en moedig almal rondom haar aan om te veg vir die wêreld wat hul eens geken het.

Die karakters is onvergeetlik; jy sal onmiddellik verlief raak op die eienaardige dwerge en charismatiese dief. Selfs die bose koningin sal ’n indruk op jou los.

Ek moedig die kyker sterk aan om hierdie fliek te gaan kyk. Dit vul jou nie net met ‘n gevoel van hoop nie, maar help jou ook om te onthou dat selfs die slegte dinge sal verbygaan.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.