JF OESTER

GEUR EN GLANS: KRISPY KREME SE REIS NA BLOEMFONTEIN

Feb 5, 2025

Berig Deur Adele Pienaar

Het jy jou al ooit in ’n situasie bevind: Jy lê op jou bed lê ná ‘n lang dag. Jy gaan rustig deur jou sosiale media of kyk na videogrepe op Tik Tok of Instagram. Skielik kom daar ’n video op wat jou mond laat water.  En hoe meer jy kyk, hoe lekkerder raak dit wat jy sien.

Ons almal was al daar gewees, kom ons wees eerlik. Tye wanneer ons na oorsese kitskosplekke kyk, of dit nou Chick- Fil- A se lekker, sappige hoenderrepies is met hul spesiale sous, en of dit Dairy Queen is met hul heerlike melkskommels. Ons almal het al gewens dat ons in Bloemfontein sulke lekker plekke kon kry.

Maar hoe sal hulle in Engels sê: “Your wish is my command!” Die tyd het aangebreek … Krispy Kreme kom Bloemfontein toe!

Op 10 Januarie 2025 het Bloemfontein sy eie Krispy Kreme gekry. Alhoewel ons nie die winkel self het nie, kry ons nou ook, te danke aan Checkers Preller Plein en Langenhoven Park, die wonderlike, liplekker voordeel om dié produkte te kan koop en heerlik daaraan te smul.

Dis ongelukkig slegs op Vrydae en Saterdae beskikbaar … So wie eerste daar is, word eerste bedien. Daarom moet jy jou pad sommer gou-gou na Checkers toe vind, sodat jy nie hierdie wonderlike smaakbelewenis misloop nie.

Elkeen geniet dit so dan en wan om ‘n bietjie “stout” te wees, en as jy al Krispy Kreme gehad het, weet jy hoe verslawend hierdie oliebolle kan wees. As jy dit egter nog nie geproe het nie, is dit tyd om die stoute skoene aan te trek en jou weg na Checkers te vind. (Wenk: Doen dalk eers die Parkrun by Innibos!)

KRISPY KREME BLF

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.