Van koninglikes tot modelle en rugbyspelers – beroemdes bevorder volhoubaarheid in Kaapstad.
Op 6 November 2024 het die jaarlikse Earthshot Prize in Kaapstad plaasgevind.
Hierdie is ‘n prys wat deur Prince William begin is in 2020. Die Earthshot Prize se doel is om die wêreld se grootste omgewingskrisisse aan te spreek deur innoverende oplossings te beloon. Prince William het gesê dat hy hierdie prys bekend gestel het met die ambusie om dieselfde gees van vindingrykheid wat ‘n man binne tien jaar op die maan gesit het, uit te daag.
Vyftien finaliste het gekom om hul projekte bekend te stel, waarvan vyf wenners was en elk ‘n £1 miljoen toekenning ontvang het. Die feit dat daar so baie beroemdes en ikone van die wêreld se vermaakbedryf in Suid-Afrika was, was iets besonders—en dit het die aand ‘n spesiale glans gegee wat nie maklik vergeet sal word nie
Die Protect and Restore Nature Award is geegee aan die Atlyn Dala Conservation Initiative. Die prys is deur die Kanadese model, Winnie Harlow aan die uitvoerende hoof van die besigheid, Vera Voronova oorgehandig.
Die Clean Our Air Award is aan Joshua Amponsen gegee vir die vinding van GAYO (Green Africa Youth Organization). Die prys is oorgehanddig deur oud Springbok rugbyspeler, Tendai Mtawarira.
Die Revive Our Oceans Award is deur die aktrise, bekend vir Vampire Diaries, Nina Dobrev oorgehandig aan Rita El Zaghloul, die uitvinder van High Ambition Coalition for Nature and People.
Die Build a Waste- Free World Award is ontvang deur Francis Nderitu met die besigheid Keep It Cool, die prys is aangebied deur Tobe Nwigwe.
Die Fix Our Climate Award is gegee aan Advanced Thermovoltaic Systems se hoof, Kelly Adams. Die prys is oorgehandig deur die Duitse model en televisiegasheer, bekend vir America’s Got Talent, Heidi Klum.
Die klem op Afrika:
Prince William het gesê dat Afrika nog altyd ‘n spesiale plek in sy hart gehad het. As kind is dit ‘n plek waar hy tuis gevoel het en dit is ook waar hy vir sy vrou, Kate Middleton, gevra het om met hom te trou. Afrika is ook die plek wat die meeste beïnvvloed word deur omgewingsprobleme. Aangesien Suid-Afrika die beste ekonomie in Afrika het, het hy dit bes gedink om dit hier te hou.
‘n Goeie hart oor generasies:
Die opleidende week na die Earthshot Prize het David Bull met Rupert Bell, die koninglike familie se korrespondent, sê dat William sy etiek en passie om mense en die omgewing te help van sy ma Diana af gekry het.
Die Earthshot Prize-geleentheid was ‘n onvergeetlike aand van glans en hoop, wat nie net die wêreld se grootste beroemdes hierheen gebring het nie, maar ook Suid-Afrika se rol in die globale omgewingsbeweging beklemtoon het. Prince William het die geleentheid gebruik om die samewerking en innovasie wat nodig is om ons planeet te red, te vier, en het dit reg hier in Afrika gedoen—’n plek wat altyd ’n spesiale plek in sy hart gehad het. Hierdie geleentheid het bewys dat Suid-Afrika en Afrika ’n sleutelrol in die wêreld se volhoubare toekoms speel.
0 Comments