JF OESTER

n Eerste, en hopelik laaste, verjaarsdag – ‘n Jaar se konflik in die Midde-Ooste

n Eerste, en hopelik laaste, verjaarsdag – ‘n Jaar se konflik in die Midde-Ooste

Oct 28, 2024

Berig Deur Wihan Coertzen

Op 7 Oktober 2023 val Hamas, en verskeie ander Palestynse militante groepe, die land van Israel aan. Ongeveer 1200 mense verloor daardie dag hul lewens – meestal burgelikes. ‘n Verdere 240 mense word as gyselaars geneem. Dit is die begin van die Israel-Hamas Oorlog.

Die Palestynse dodetal het sedertdien tot 40 000 gestyg. Meer as die helfte daarvan is vrouens en kinders. Teen vroeg 2024, is die meerderheid van Gaza se huise, en ten minste ‘n derde van dié strook se totale boombedekking en landbougrond, vernietig. Verskeie Gaza-leiers se oë is deur Israel gesluit.

Ten spyte van wêreldwye Palestynse en Israeliese betogings vir ‘n vredevolle skietstilstand, én ‘n hofsaak deur die Internasionale Hof van Justisie, duur die oorlog egter voort – en daar is geen duidelike einde in sig nie. Ten minste 8 ander lande is nou al by die bloedvergieting betrokke, insluitend die VSA, Frankryk, Irak en Jemen.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.