Op 7 Oktober 2023 val Hamas, en verskeie ander Palestynse militante groepe, die land van Israel aan. Ongeveer 1200 mense verloor daardie dag hul lewens – meestal burgelikes. ‘n Verdere 240 mense word as gyselaars geneem. Dit is die begin van die Israel-Hamas Oorlog.
Die Palestynse dodetal het sedertdien tot 40 000 gestyg. Meer as die helfte daarvan is vrouens en kinders. Teen vroeg 2024, is die meerderheid van Gaza se huise, en ten minste ‘n derde van dié strook se totale boombedekking en landbougrond, vernietig. Verskeie Gaza-leiers se oë is deur Israel gesluit.
Ten spyte van wêreldwye Palestynse en Israeliese betogings vir ‘n vredevolle skietstilstand, én ‘n hofsaak deur die Internasionale Hof van Justisie, duur die oorlog egter voort – en daar is geen duidelike einde in sig nie. Ten minste 8 ander lande is nou al by die bloedvergieting betrokke, insluitend die VSA, Frankryk, Irak en Jemen.
0 Comments