JF OESTER

TOILETPAPIER-PERSOONLIKHEDE

Aug 8, 2024

Berig Deur Shiloh Smith

Het jy geweet dat klein gewoontetjies soms ’n goeie aanduiding van jou persoonlikheid kan wees? Glo dit of nie, selfs watter kant om jy die toiletrol plaas, is volgens kundiges beduidend!

Dr. Gilda Carle het navorsing oor presies hierdie aspek gedoen.  Sy het vir omtrent 2000 mense (mans en vroue) tussen die ouderdomme van 18 en 75 gevra hoe om hulle die toiletpapierrolletjie sit wanneer hulle dit omruil.  Almal wat sy gevra het, het verskillende belangstellings gehad.  Sy het tot die volgende gevolgtrekkings gekom:

1. BAARD (VOOR-OOR)

Mense wat hulle toiletpapier só sit dat die los stuk toiletpapier voor die res van die toiletrol is, is meer geneig om ’n dominerende persoonlikheid te hê.  Hulle neem gewoonlik beheer of leiding en tree met ’n “kan doen” en selfgeldende houding op.  Hierdie mense vervul ook meestal leiersrolle en hou daarvan om beheer te neem.  Volgens Carle het mans, eerder as vrouens, ’n dominerende persoonlikheid (alhoewel selfstudie NIE hierdie stelling ondersteun nie!)

2. MULLET (AGTEROM)

Hierdie mense doen presies die teenoorgestelde as dominerende mense.  Hulle sal die los stuk toiletpapier agter die res van die toiletrol laat hang.  ’n Onderdanige persoonlikheid kan van hierdie mense verwag word.  Algemene eienskappe is dat hulle geduldig, empaties en rustig is. ’n Mens kan ook sê dat hulle ’n tipe B-persoonlikheid het. Hulle ervaar lae spanningsvakke en pas maklik by veranderende omstandighede aan.  Tradisioneel het vroue hierdie persoonlikheidstipe, en dit help hulle om na die mense in hulle gesin om te sien en om hulle te versorg.  In realiteit kan enige iemand egter ’n tipe B-persoonlikheid hê.

3. MAAK DIT REG!

Die studie het ook gevind dat mense geneig is om die toiletrol die “regte” kant om te sit, al is hulle nie by hul eie huise nie.  Mense met ’n dominerende persoonlikheid veral, sal die toiletrol omdraai dat dit voor-oor is indien dit agterom is, selfs al is hulle nie by hulle eie huis nie. Mense met ’n onderdanige persoonlikheid, sal die rolletjie die meeste van die tyd los net soos dit is, maar sal van tyd tot tyd die rol, volgens hulle, reg omdraai as dit dalk voor-oor is en nie agterom nie.

Hoewel hierdie studie nie ’n volledige (of noodwendig 100% betroubare) persoonlikheidsontleding is nie, is dit interessant om te sien hoeveel ’n mens van jouself en ander mense rondom jou kan leer deur net na goed soos hul voorkeur toiletpapier-rigting te kyk.

Nou is daar nog net een belangrike vraag oor waaroor jy vannag kan wakker lê:

Moet ’n mens die toiletpapier vóú of frómmel voor jy dit gebruik???

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.