JF OESTER

JACKS BAGELS – Inspirasiestasie

Jul 30, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Berig deur: Adele Pienaar

Het jy jou al in ’n moelike situasie bevind waar jy inspirasie kort, maar dit nêrens kry nie? Wel, ek het net die plek vir jou!

Jacks Bagels is ’n modern restaurant wat op 9 Julie 2024 by Preller Plein in Dan Pienaar oopgemaak het, en hier kry jy veel  meer as waarvoor jy gekom het. Dit is ’n plek waar jy op jou gemak kan wees saam met jou vriende, familie of self ’n ander helfte; ’n plek waar die kos jou tone laat omkrul van lekkerkry en die pryse jou toelaat om nagereg te kry, selfs al is jy al knuppeldik geëet.

Al is jy nie ’n liefhebber van bagels nie, is daar ’n verskeidenheid om van te kies en keur: wraps, slaaie en selfs pannekoek.

Jacks Bagels skep atmosfeer soos min. Met kalmerende donkergroen en grys skakerings op die mure, ligte wat warmte verskaf, en strelende agtergrondmusiek, sal jy nie sommer gou wil loop nie.

Om ‘n vriendelike gesig te sien het niemand nog ooit skade gedoen nie. Die kelners is so skattig dat dit voel asof hulle jou al jare lank ken. Hulle is vinnig en doeltreffend, en voor jy jou oë uitvee, is jou prettige en geurige bord kos voor jou. Maar dit stop nie net daar nie …

Jacks Bagels het hulle eie koffiebrouery, waarvan die slagspreuk is:

“Where passion meets perfection in every cup!”

So wanneer jy inspirasie kort, is Jacks Bagels  beslis die plek vir jou.

Die plek “where inspiration begins.”

Het jy jou al in ’n moelike situasie bevind waar jy inspirasie kort, maar dit nêrens kry nie? Wel, ek het net die plek vir jou!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.