JF OESTER

JACKS BAGELS – Inspirasiestasie

Jul 30, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Berig deur: Adele Pienaar

Het jy jou al in ’n moelike situasie bevind waar jy inspirasie kort, maar dit nêrens kry nie? Wel, ek het net die plek vir jou!

Jacks Bagels is ’n modern restaurant wat op 9 Julie 2024 by Preller Plein in Dan Pienaar oopgemaak het, en hier kry jy veel  meer as waarvoor jy gekom het. Dit is ’n plek waar jy op jou gemak kan wees saam met jou vriende, familie of self ’n ander helfte; ’n plek waar die kos jou tone laat omkrul van lekkerkry en die pryse jou toelaat om nagereg te kry, selfs al is jy al knuppeldik geëet.

Al is jy nie ’n liefhebber van bagels nie, is daar ’n verskeidenheid om van te kies en keur: wraps, slaaie en selfs pannekoek.

Jacks Bagels skep atmosfeer soos min. Met kalmerende donkergroen en grys skakerings op die mure, ligte wat warmte verskaf, en strelende agtergrondmusiek, sal jy nie sommer gou wil loop nie.

Om ‘n vriendelike gesig te sien het niemand nog ooit skade gedoen nie. Die kelners is so skattig dat dit voel asof hulle jou al jare lank ken. Hulle is vinnig en doeltreffend, en voor jy jou oë uitvee, is jou prettige en geurige bord kos voor jou. Maar dit stop nie net daar nie …

Jacks Bagels het hulle eie koffiebrouery, waarvan die slagspreuk is:

“Where passion meets perfection in every cup!”

So wanneer jy inspirasie kort, is Jacks Bagels  beslis die plek vir jou.

Die plek “where inspiration begins.”

Het jy jou al in ’n moelike situasie bevind waar jy inspirasie kort, maar dit nêrens kry nie? Wel, ek het net die plek vir jou!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.