JF OESTER

EISH, MAAR JF IS LEKKER!

Jul 16, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Vat Vlam belowe groot opwinding

Hy word herken vir soveel dinge, maar sy onlangse realiteitsreeks “Op My Eish,” lui dalk meer van ’n klokkie. Die bekende Brendan Peyper, ’n oudskolier wat eerstespanrugby gespeel het en in 2014 by Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer het, het al groot sukses behaal in die musiekbedryf. Hy het in 2015 sy eerste album, naamlik “Stop wat bly net ‘n bietjie,” vrygestel, en nie lank daarna nie het hy sy tweede album “Hy loop oop” uitgebring, wat groot opgewondenheid onder sy duisende aanhangers veroorsaak het.

Die drama in Op My Eish het ons elke Donderdagaand behoorlik vasgenael op die rusbank gehad. Die opwinding om te sien wie Brendan se hart gaan steel aan die einde, was beslis opwindende tye. En met almal wat kommentaar gelewer het ná die reeks, het Brendan en Janae steeds hulle koppe hoog gehou.

Brendan Peyper is egter meer as net ’n sanger en realiteitster; hy is ook ’n man met goeie waardes, en lewe met die Here aan sy kant. Hy sê ook: “Hou op worry oor dit wat jy nie kan verander nie, mens kan daai tyd meer relevant gebruik.”

Uit sy vele liedjies wat hy die afgelope jaar uitgebring het, kan daar met trots gesê word dat 7 onlangs in die Top 10 van Spotify se “Top Afrikaanse Hits” verskyn het. Dit is die meeste liedjies wat een Suid-Afrikaanse kunstenaar al gehad het in die “gewildste liedjies”-kategorie. Sy nuutste album “Omdat Jy Mag,” wat hy in April vrygestel het, is al meer as 3 miljoen keer deur al sy ondersteuners geluister.

Maar nou … Die opwindende nuus:

Die bemarkingsgroep van JF het besluit om Brendan te nader om by die Vat Vlam-dag op 14 September hierdie kwartaal ’n bietjie by sy alma mater te kom optree. Hier sal reüniegroepe, en sommer enige JF-er wat wil, saam baljaar! Dit is ook Brendan se eie tienjaarreünie, en gelukkig voel hy ook dat dit ’n puik idee is!

Maak dus gereed vir Vat Vlam hierdie jaar, want JF is aan die brand … Met eish, ja … Met eish!

Berig deur: Adele Pienaar

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.