JF OESTER

NOG ’N SUKSES VIR DIE JONG ENTREPRENEURS VAN HOËRSKOOL JIM FOUCHÉ.

Apr 17, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Jy kon dit sommer aanvoel, die opgewondenheid van die leerders wat aan JF se jaarlikse markdag sou deelneem. Op die stoepe is daar gegons oor wat beplan word. Juffrou Betsie en haar span sit jaarliks soveel moeite daaraan om van hierdie dag ’n sukses te maak, en 2024 was geen uitsondering nie.

Op 8 April 2024 het die entrepreneurs van JF wonderwerke verrig met hulle verkope by die skool. Die ondersteuning van hulle vriende en vriendinne, en selfs die onderwysers, het ’n groot invloed op hierdie dag gehad.

Jim Fouché het hierdie keer behoorlik uitgehaal en gewys met meer as 32 stalletjies. Dit het katte en honde gereën, maar dít skrik nie ’n JF’er af nie – veral nie een wat lus is vir pannekoek nie! Toe die klok vir pouse lui, het almal gehardloop om onder die afdak te kom en eerste in die ry te staan vir al die heerlike verversings.

Leerders het hulle oumagrootjie se soetkoekies verkoop, tot stomende koffie en smullekker pannekoeke. Vir sommige was ’n tradisionele jaffle die hoogtepunt. Met tuisgemaakte juweliersware en selfs haartoebehore, was daar meer as genoeg om van te kies en te keur. Leerders wat, ten spyte van die reën, in groot getalle van een stalletjie na die volgende een beweeg het om te sien watter skatte of lekkernye hulle met hul laaste R5 of R10 kan koop, spreek boekdele oor hierdie dag.

Natuurlik kan ons nie vergeet van die wonderwerke wat JF doen om diegene in nood te help nie deur JF se eie “thrift shop” waar leerders teen spotgoedkoop pryse ’n mooi kledingstuk of ietsie warms vir die winter kon koop.

Jy kan werlik sê dat hierdie dag ’n REUSEsukses was, nie net vir Hoërskool Jim Fouché nie, maar vir al die jong entrepreneurs van die skool.

Berig deur: Adele Pienaar

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.