JF OESTER

JFFJ – Geloof brand in ons harte

Apr 30, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Daar is soveel waardes wat vir JF belangrik is, maar geloof is beslis een van dié wat beklemtoon word. Talle skoolhoofde veg jaarliks om Christenskap in hulle skole te behou. Ons skoolhoof is definitief nie ‘n uitsondering nie.

Daar word soveel geleenthede vir die leerders gebied om hulle Christenskap behoorlik uit te leef. Geleenthede soos JFFJ, wat op Donderdae-aande aangebied word vir leerders om saam te kom en die Here te loof en te prys met hulle hele hart. Daar word opwindende speletjies gespeel en die leiers lees versies voor wat almal se hartsnare aanroer omdat dit uitbeeld hoe ’n groot impak die Here in ons almal se lewens het. Daarna word daar uit volle bors gelofprys totdat almal terugkeer huis toe.

Spesiale periodes word weekliks uitgesit waar ’n spreker kom en hulle getuienis met die leerders deel. Die JFFJ-leiers en die JFFJ-personeel hou gereeld dinkskrums om te bepaal wat hulle volgende kan doen om die leerders meer betrokke te maak.

Op 11 April is al die skole in die Suide van Bloem uitgenooi na ’n lofprysingsaand wat deur RADIANT by Doxa Deo aangebied is. Leerders van JF het in groot getalle opgedaag. Leerders het daar na getuienisse geluister, en huis toe gegaan met die voorneme om ’n verandering te maak en ’n lig vir die wêreld te wees.

Op Donderdag 25 April is die laaste JFFJ vir die kwartaal deur ons eie “band” aangebied. Almal was uit hulle velle uit om hierdie groot lofprysingsaand by te woon, en die aand is behoorlik gevier en op die regte noot afgesluit. Die leerders het huis toe gegaan met vreugde en vuur in hulle harte.

JF se geloof is iets om op trots te wees. Kom wees deel, en weet dat wanneer jy hierdie aande bywoon, jy sal wegstap met ’n nuwe hart.

Berig deur: Adele Pienaar

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.