JF OESTER

Bou om te breek: JF presteer by Provinsiale Brugboukompetisie

Apr 15, 2024

Berig Deur Wihan Coertzen

Jaco Deysel, Janah Swarts en Wihan Coertzen, wat ‘n provinsiale tweede plek verwerf het. Foto verskaf. 

Op die 6de April het JF geskitter in die Wesgrow Sportreeks. Ons skool se naam is egter ook hoog gehou op ‘n ander front: Drie spanne het deelgeneem aan die jaarlikse Vrystaat-Brugboukompetisie, en uitstekende prestasies is gelewer.

21 spanne van regoor die Vrystaat het op die Saterdagoggend van 6 April bymekaargekom, insluitend JF se drie spanne. Elke span het 25 stokkies en ‘n botteltjie gom ontvang. Die instruksie was eenvoudig: Bou die ligste moontlike brug wat die swaarste moontlike gewig kan dra.

Om agtuur het die spanne weggespring en is vier ure gegee om die taak te voltooi. Daar is tyd gegee vir die brûe om droog te word, en die leerders se harde werk is toe getoets. Die spanne se resultate was as volg:

Span A, bestaande uit Elrie van Niekerk, Ryan van Eck en Melani Slabbert het ‘n brug gebou wat 23 kg gedra het en 187 gram geweeg het. Hulle het 9de in die Vrystaat geëindig.

Melani se kommentaar op die kompetisie was: “Dit was ‘n lekker ervaring; daar was ‘n paar uitdagende situasies, maar ons het dit saam in die gesig gestaar en dit oorkom.”

Span B, bestaande uit Jaco Deysel, Janah Swarts en Wihan Coertzen, se brug kon ‘n stewige 66,22 kg dra en het 226 gram geweeg. Hulle het ‘n indrukwekkende 2de plek behaal.

“As ek al die faktore wat daardie dag teen ons was, in ag neem, dink ek nie het ons te sleg gedoen nie! Ja, ons het gemik vir die eerste plek, maar ons is verseker trots op wat ons behaal het,” was Jaco se kommentaar.

Span C, bestaande uit Kaylee Coetzee, Andrew Kotze en Shanique Jansen van Rensburg, het die ligste brug uit die drie spanne gebou. Dit het 24,6 kg gedra en slegs 133 gram geweeg! Hulle het ‘n 4de plek in die Vrystaat verower.

“Al die top presteerders het hul prestasies verdien en ons vat dit as kans om uit ons foute te leer en te verbeter,” het Kaylee gesê.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.