JF OESTER

Boeke nie net vir pliggies nie

Apr 5, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Daar is niks beter as om op ’n Maandagoggend wakker te word met die wete dat daar geen bekommernisse van skool is nie, want dit is amptelik vakansietyd! Nou natuurlik bring die woord “vakansie” in sommiges se koppe “jol” maar vir ander is dit net om te ontspan met ’n goeie boek in die hand.

Gelukkig hoef jy nie op te hou lees wanneer die vakansie verby is nie, want ’n goeie boek sal jou ewige metgesel wees!

Kom ek vertel jou van die voordele van lees. Lees verbreed jou kennis en jou woordeskat, wat jou vir seker sal help om die wêreld beter te verstaan. Kom ons wees eerlik, ons almal het al in daardie Afrikaanstoets gesit en gedink “Hoe moet ek weet wat hierdie beteken?”

As jy ’n leser is, het jy vir seker ’n voorsprong, want jy weet lankal hoe om woorde se betekenisse binne die konteks te interpreteer.

Uit my persoonlike ervaring kan ek sê dat lees geluk bring! Dit help my om te ontsnap van al my bekommernisse, al is dit net vir ’n paar uur. Lees maak wêrelde oop – ook fantasiewêrelde wat jy nooit geweet het bestaan nie. As jy lees word die woorde nie meer net swart simbole op papier nie, maar dit word lewendig in jou kop en jy skep jou eie beeld van die karakters en hulle wêreld.

Om te lees kan jou as persoon op ’n emosionele vlak ook ontwikkel. Dalk het die boek wat jy lees baie te doen met die ervarings wat jy al beleef het – en miskien kry jy net die oplossing vir jou eie probleem of jy leer om beter daarmee te cope.

Elke persoon het ‘n boek daarbuite wat vir hulle geskryf is, jy moet dit net opspoor! Partykeer, wanneer jy dit die minste verwag, kan ’n boek jou so onkant betrap dat jy jouself vang met ‘n traan wat oor jou wang rol. En wanneer jy die boek neersit, verlang jy na die karakters.

Paulo Coelho het gesê: “Tears are words that need to be written.”

Daarom is lees nie net vir “pliggies” nie, maar vir elke persoon wat wil ontsnap, al is dit net vir ‘n paar hoofstukke.

Artikel deur: Adele Pienaar

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.