JF OESTER

Beroepedag wys die pad na sukses

Apr 18, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

lmal se belangstellings verskil – sommige s’n lê in die kombuis, anders s’n by landbou, sommige wil siek mense gesond maak en ander stel daarin belang om kriminele te vang. Wat dit ook al mag wees – iewers daarbuite is ’n beroep vir jou, en gelukkig vir ons, het Hoërskool Jim Fouché op 8 April 2024 ’n Beroepedag aangebied waartydens ’n klomp verskillende instansies vir ons meer kom vertel het oor wat hulle bied.

Universiteite soos die UFS, NWU, Olive Chef School en vele meer het opgedaag en leerders beïndruk met alles wat hulle bied. Om te sê dat die leerders uitgesien het, is lig gestel!

Van vroeg die oggend het die JF-leerders gegons oor hulle idees en planne vir die toekoms. Die atmosfeer van hierdie dag was iets besonders, met entoesiastiese leerders wat oral vrae vra om te bepaal watter universiteit hulle drome sal bewaarheid. Selfs die leerders wie se toekomsplanne nie noodwendig studies insluit nie, het die lekker koekies en skuimpies geniet wat deur die sjef-skole voorberei is.

Baie leerders het weggestap met groot inspirasie en opgewondenheid oor dit wat voorlê!

En as jy nog steeds ’n bietjie verward voel: Kies die plek waar jy gemaklik voel en waar jy dink jy tot jou volle potensiaal sal kan ontwikkel. Gaan op jou knieë en vra die Vader vir raad en leiding, want Hy weet reeds wat die beste vir jou gaan wees.

Jer 29:11 “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande jullle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.”

Hou ook die volgende bekende aanhaling in gedagte: “If you love what you do, you’ll never work a day in your life.”

Deur: Adele Pienaar en Elshari Pietersen

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.