JF OESTER

JF BO, ALTYD SO!

Feb 27, 2024

Berig Deur Melanie Slabbert

Hierdie jaar se Interhoër Gala, gehou by Grey College, was definitief een vir die boeke!

Op Vrydag 23 Februarie 2024 het JF al hul energie tafel toe gebring en weer geskiedenis gemaak toe hulle aangekondig is as die Gala se Geesbeker-wenners met ’n astronomiese “knockout” van 90,6%. Hierdie oorwining het ons toegelaat om ons teenstanders behoorlik op hul neuse te laat kyk!

Sukses word egter beslis nie sonder ’n plan, baie oefening en deursettingsvermoë behaal nie.  Ons JF rasieleiers het seker gemaak dié jaar het JF ’n plan! Ons tema was ’n boksgeveg, met JF se “Knockout”-hou aan die einde.

Daar is getrou deur die week geoefen om die choreografie te bemeester en ‘props’ reg te gebruik om te verseker dat ons die beker huis toe bring!  JF se onblusbare energie, absolute gehoorsaamheid en onwrikbare respek het vir seker vrugte afgewerp.

Verder het JF baie goed gevaar in die swem, waaraan drie van ons leerders deelgeneem het.  Hier palm die sestienjarige Dané de Klerk, wat soos blits deur die water gevlieg het, vyf goue medaljes in en word aangewys word as die Victrix Ludorum, die beste dogterswemmer.

En daarmee is die skrif teen die muur: Jim Fouché is hier om te blý!  Ons staan nie opsy nie, ons gee nie op nie, ons is nie bang vir uitdagings nie en ons werk beslis hard om van ons drome ‘n werklikheid te maak!

JF’ers, miskien weet hulle nóú wat ons weet: JF BO ALTYD SO!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.