JF OESTER

’n Aand van liefde en glans

Apr 24, 2026

Berig Deur Paula Swart
“Can’t repeat the past? Why of course you can!” Jay Gatsby.

Op die aand van 13 Februarie het omtrent 700 JF-leerders ’n ander era betree toe hulle hulle voete in die skoolsaal gesit het met die jaarlikse Valentynsbal. Die 1920’s “vibe” kon aangevoel word, en dae na hierdie heerlike gebeurtenis, het ons gewens ons kon hierdie aand herleef.

Die saal was gevul met leerders wat die dansvloer oorgeneem het en kringe wat gevorm het
sodat almal hul gunsteling-dansbewegings kon vertoon. Sweet wat oor die gesigte loop en
stemme wat die liedjies hard saamsing, was kenmerkend van hierdie aand – dit was waarlik ’n geleentheid om net bietjie hare los te maak en skoene uit te skop.

Lag, saamkuier en spontane oomblikke het die aand lewendig gehou. Dit was die plek om
te wees, onvergeetlik en spesiaal. As jy so rond gekyk het, sou jy kon sien selfs die
onderwysers hul dansskoene aangetrek het om vir die leerders ‘n ding of twee te wys.

Maar soos die tyd aangestap het, het hierdie aand – een van glans en pret en tydlose dansbewegings – tot ’n einde gekom. Maar soos Gatsby gesê het: Natuurlik kan jy die verlede herhaal!

Ons kan dít doen deur vas te hou aan die mooi herinneringe.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.