JF OESTER

Mensehandel – Bloemfontein óók geteiken

Aug 15, 2025

Berig Deur Wihan Coertzen

“Dis nie net in slegte gebiede waar kinders kwesbaar is vir mensehandel nie. Enige persoon,in enige plek, selfs in Bloemfontein, kan ’n slagoffer van mensehandel wees.” Só sê kaptein Linda Steyn van die Valke.

Die idee dat misdaadgevalle soos mensehandel slegs in groter stede soos Johannesburg en Pretoria voorkom, is ‘n bitter gevaarlike wanopvatting.
In ‘n potgooi met Mielie FM, het kaptein Bezuidenhout van die SAPD en kaptein Linda Steyn beklemtoon dat inwoners van Bloemfontein nét so op hulle hoede moet wees soos enige ander Suid-Afrikaner.

Steyn en Bezuidenhout is beide van mening dat die grootste oorsaak van mensehandel, ouers of kinders self is wat te veel inligting op sosiale media versprei. Ontvoerders sal vir ure op platforms soos Facebook en Instagram deurbring om hulle perfekte slagoffer te kry.

In baie gevalle is minderjariges onbewustelik in kontak met ‘n volwasse.
‘n Skrikwekkende statistiek is dat 60% van spelers in die aanlyn kinderspeletjie, Roblox,voorgee dat hulle ‘n kind is, maar in werklikheid ‘n volwasse is met onsuiwer bedoelings.

“Dit is soos om van ‘n spyskaart in ‘n restaurant te kies,”kaptein Bezuidenhout. Volgens hom sit die kliënt dikwels in ‘n ander land, en tree die ontvoerder op as die kelner wat die verlangde seun of meisie soos ‘n bestelde bord kos gaan haal.

Kaptein Bezuidenhout het inwoners aangemoedig om enige verdagte gedrag aan te meld op die gratis SAPD-toep. Geen informasie is te nietig om te rapporteer nie. Aksie moet onmiddellik geneem word.

Skoolleerders in alle distrikte word aangeraai om waaksaam in die publiek te wees en om twee keer te dink voordat hulle daardie foto op die internet oplaai.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.