JF OESTER

Swem, Sandkastele en Stiltetyd – JFFJ Gaan Kamp in Durban

Jan 31, 2025

Berig Deur Wihan Coertzen

Dinsdagoggend vroeg het 37 JFFJ-leiers alreeds hulle tasse gepak gehad. Die bus, waarin daar heelpad gospelmusiek kliphard gespeel is, het om 05:00 vertek vanaf JF. Laatmiddag het die bus veilig by VCSV Winklespruit Kampterein aangekom.

Die leiers is vlugtig in netjiese kamers in verdeel, en van daar af het ‘n prettige, maar besige, program vir hulle voorgelê.

Dit was ‘n JFFJ kamp om te onthou – die strand was minder as ‘n honderd meter se stap weg, die breek van branders het die agtergrond klanke gevorm en groot vlieënde goggas was die grootste onaangenaamheid gewees.

Die maaltye was verseker iets om voor uit te sien. Die leiers is bederf met koffie en beskuit in die oggende en diep gesprekke oor smaaklike kos saam met hul etemaatjies. Skottelgoedwas, was op ‘n minimum met hoe skoon die borde geëet is!

Maar, die belangrikste deel van ‘n JFFJ kamp – pret en tyd saam met God – was gekombineer en was vollop gewees. Almal het stiltetyd op die strand geniet, sandkasteel-bou-kompetisies en skattejagte was kompeterend en waardevolle boodskappe is gedeel tydens die sessies wat deur die personeel en hoofleiers aangebied is. ‘n Gebedsmars en gereelde Praise and Worship het die kamp baie spesiaal gemaak.

Tog was dit ‘n kamp met ‘n bietjie hartseer vir party. Dit was die laaste kamp vir hierdie jaar se matrieks gewees, waarvan baie al ellelange paaie met JFFJ stap. Maar, dit was ‘n kamp wat definitief ‘n baie lekker laaste was.

Die kamp is afgesluit met ‘n groot verrassing – ysskaats. En alhoewel dit nie juis almal se grootste talent is nie, het almal uitgegaan en die gegly en geglip geniet.

Dit was ‘n JFFJ kamp om te onthou – en die JFFJ is sommer klaar baie opgewonde vir hul volgende kamp in Julie. Mense, dit is iets wat jy verseker nie wil misloop nie!

Swem, Sandkastele en Stiltetyd - JFFJ Gaan Kamp in Durban

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."