JF OESTER

Juffrou Theana neem afskeid

Nov 28, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Kos is dikwels ‘n manier om iemand se hart te wen, en by ons skool het dit ook lewensvaardighede, kreatiwiteit en selfvertroue gebring, alles te danke aan ons geliefde juffrou Theana Lubbe. Soos ons die einde van die skooljaar nader, neem ons hartseer afskeid van iemand wat ’n groot invloed op ons skoolgemeenskap gehad het.

Juffrou Theana, ’n oudskolier wie se bloed behoorlik groen is, was in Saailand (Jim Fouché se kleuterskool), JF Laer én in Hoërskool JF, waar sy in 2016 gematrikuleer het. Toe het sy as onderwyser vir vier jaar diep spore in die JF-leerders se harte getrap. Nou sê sy egter totsiens.

Juffrou Theana het meer as net resepte aangebied – sy het leerders praktiese kennis oor voeding, begroting en maaltydbeplanning gegee, wat ons baie verder as die klaskamer sal dien. Benewens kookkuns het sy leerders ook aangemoedig om krities na hul koskeuses te kyk en spanwerk te bevorder, wat waardevolle lewensvaardighede ontwikkel het.

Juffrou Theana het warmte en empatie ingebring, en sy het kos as ’n manier gebruik om diversiteit en inklusiwiteit te bevorder.

Ons sê met waardering dankie vir Juffrou se passie en toewyding, en weet dat Juffrou se invloed nog jare by ons sal bly.

Berig Deur: Adele Pienaar

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.