JF OESTER

DIE VUUR VAN TROTS BRAND DIEP IN ONS HART

Sep 18, 2024

Berig Deur Adele Pienaar

Dinge raak warm, kan jy dit voel? Wel, ék kan, want JF VAT VLAM!

Op 14 September 2024 het JF ’n opelugkuiergeleentheid en -sokkie gehou met lewendige vermaak. Die rugbyveld is in ’n buitelugarena omtower – kompleet met ’n topklasverhoog. Kosstalletjies was volop, iets in elkeen se smaak, en die atmosfeer was elektries!

JF-personeel wat by die hekke gewerk het, het ieder en elk met ’n glimlag begroet en jou sommer laat tuis voel, selfs al was jy nie ’n skolier, oudskolier of ouer nie. Kyk jy rond, sou jy net tande sien soos die mense lag en kuier. Sommer drie generasies het heerlik om konkavure uitgekamp. Wou jy braai, kon jy braai. Wou jy Hennie’s se takeaways hê, kon jy dít ook op die skoolterrein koop.

’n Paar van die JF-leerders het besluit om met hulle sangtalente uit te haal en te wys voordat die beroemde Brendan Peyper (gewilde sanger, Op my Eish-deelnemer en oud-JF’er) opgedaag het. Hier is laat waai, en vriende wat mekaar ondersteun en broers wat saam op die verhoog sing, het die harte warm laat klop.

Die volgende oomblik het jy jou boeglam geskrif vir die dogtertjies en tieners wat skree, want hier is hy nou… Brendan Peyper, die man waarvoor almal gewag het; die man wat die meisies se harte in hulle skoene laat sak as hy net vir hulle kyk.

En kyk, reën het niemand nog ooit gestop (wag, bly nog ’n bietjie) om ‘n lekker tyd te hê nie – almal het gedans en gesokkie in die reën asof daar geen môre is nie! (As jy nog altyd wou sien hoe ’n onderwyser behoorlik litte los maak, was hierdie beslis jou kans.)

EN TOE …
… het die tyd het aangebreek vir JF om vlam te vat. Persone van die verlede en die hede het bymekaar gekom om ’n groter as lewensgroot 65 aan die brand te steek en vir almal te wys hoe lank hierdie besonderse skool al sterk staan.

Die hoofdogter en onderhoofseun van 2014, ons huidige hoofdogter en onderhoofseun, JF se twee adjunkhoofde, JF se oudskoolhoof, meneer Van Wyk, en laastens maar nie die minste nie, ons huidige skoolhoof, meneer Wilken, het die voorreg gehad om die 65 aan die brand te steek.

Die trots in baie oë om te sien hoe hierdie skool deur die jare gegroei het tot wat dit vandag is, was iets besonders om te beleef.

Hierdie jaar was ’n jaar wat deur vele onthou sal word, en met glimlagte wat van oor tot oor strek, kan ons bevestigend sê dat hiérdie aand een vir die bóéke was!

Berig deur: Adele Pienaar

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.