JF OESTER

Dinamies en oulik – dis juffrou Merice

Feb 5, 2024

Berig Deur Wihan Coertzen
Ons verwelkom hierdie jaar hartlik vir mevrou Merice Erasmus by JF se admin-span.A Human

 ’n Skool kan nie funksioneer sonder ’n goeie administratiewe kantoor nie. Daardie tannie wat voor pouses afkondig, die onderwysers herinner om afwesighede te doen, al jou toetse druk en wat jou sluitkassie aan jou verkoop. Die admin-span is ongetwyfeld enige skool se geheime dryfkrag.

Ons verwelkom hierdie jaar hartlik vir mevrou Merice Erasmus by JF se admin-span. Sy gaan in die afrolkamer werk, en ook met SA-SAMS en D6 help. En volgens haar deel sy ook baie gereeld skeermesse uit!

Mevrou Merice kom oorspronklik van Bloemfontein, maar het agt jaar gelede na Hazyview in Mpumalanga getrek, net so ’n paar kilometer suid van die Kruger-wildtuin. Daar was sy ’n skoolhoof en die eienaar van vyf kleuterskole en ’n laerskool.

Hulle het ná agt jaar in Hazyview besluit om terug te trek Bloemfontein toe, en vandag is sy deel van die JF-familie. Sy is ’n dogtertjie-mamma, en het drie dogters.

Juffrou Merice se lewensmotto is om altyd jouself te wees, want ’n “original” is meer werd as ’n afdruk. Wanneer sy op ’n verlate eiland gestrand sou wees, sou sy tevrede wees as sy maar net ’n flitslig gehad het.

Haar werk is verseker nie maklik nie en dit is nie moeilik om te glo nie – sy hanteer elke dag meer as ’n duisend leerders se afrolwerk!

“Dis ‘n uitdaging om alles vir almal betyds te kry, en om seker te maak alles is reg,” het mevrou Erasmus gesê.

‘n Paar kitsfeite oor mevrou Merice:

Gunstelingkleur: Pienk.

Gunstelingdis: Pizza.

Gunstelingvak op skool: “Afrikaans, omdat ek ’n baie oulike juffrou gehad het.”

Gunstelingseisoen: Lente.

Ná my onderhoud het ek besef watter belangrike rol personeellede soos mevrou Merice in ons skool speel. Sy is oulik, vrolik en gaan vinnig haar voete by JF vind.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."