JF OESTER

Drama – Waaroor die bohaai?

Jul 30, 2024

Berig Deur Lisa Smith

Dramatiese Kunste… Vir baie van ons graadagts en -neges was hierdie verpligte vak net dit: ’n verpligting, teen ons wil boonop, maar wat as ek vir jou sê dat drama eintlik eendag jou vriend sal wees, of jy nou op die kassie gaan verskyn of nie?

Ons almal ken daardie al te bekende angsgevoel wanneer jy voor mense moet praat, en drama is net die regte medisyne hiervoor – dit bou jou selfvertroue, selfbeeld én jou vermoë om voor mense te praat en te sing.

Drama het beslis iets vir almal. Stel jy daarin belang om meer oor Griekse mitologie, Shakespeare, Middeleeuse teater of selfs die Renaissance teater te leer? Kom dan dramaklas toe. Wil jy meer weet oor verskillende kulture oor verskillende dekades? Dan is drama die antwoord. Wil jy leer oor lyftaal, improvisasie en karakterbeelding? Ja, jy het reg geraai – DRAMA.

In die alledaagse lewe kom al hierdie aspekte gereeld na vore, en dus kan jou drama-agtergrond jou help om mense beter te verstaan.

Dié vak sal vir jou ook die weg na vele beroepe baan en jou boonop help om te floreer, as onder andere skrywer, akteur, onderwyser, regisseur, choreograaf, kostuumontwerper en nog BAIE ander.

Gaan van ’n skaam introvert met kommunikasieprobleme na iemand wat die lewe Carpe Diem en nie bang is om gehoor te word nie!

So hoekom drama?

Hoekom Nie!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.