BLOEI. ‘n Titel. ’n Simbool van groei. En hierdie jaar die hartklop van ’n produksie wat sedert 2008 van ’n eenvoudige kerkprojek in ’n klein dorpie, tot ‘n opregte DRAMAtiese belewenis ontwikkel het – met JF-leerders en oudleerders reg in die middel van die aksie.

Veld, vriende en vreugde – JF se Rustenburg toer in vol kleure
’n Naweek van sweet, skaterlag en sport – dis wat voorgelê het toe JF se eerste spanne op die 30ste April koers gekies het Rustenburg toe. In totaal is daar 18 wedstryde gespeel, waarvan JF net 1 verloor het en 1 gelykop geëindig het. Die res? ’n Veldtog van suksesse.
Elke keer ‘n kolskoot – op én van die baan
By Hoërskool Jim Fouché word ons nie net geïnspireer deur die leerders se prestasies nie, maar ook deur ons eie personeel.
Gaan vir Groen!
Van koninglikes tot modelle en rugbyspelers – beroemdes bevorder volhoubaarheid in Kaapstad.
Krieket Langs die Kus
Jim Fouché se eerste krieketspan het ’n uitstekende reis na Mosselbaai onderneem, waar hulle al drie van hulle wedstryde gewen het, maar hulle sukses het veel verder as die telbord gestrek, aangesien hulle ook ’n paar ontspannende uitstappies bygewoon het.
Mambas maak geskiedenis!
Die Mambas sluit die seisoen af met indrukwekkende prestasies en blywende herinneringe. Jim Fouché se eerste netbalspan het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer in sewe jaar uitgenooi te word na die SA Skole Toernooi.
‘n Hart vir Onderwys
Ons is vol blydskap in ons harte om vir juffrou Clarissa Smit, Jim Fouché se nuwe Tegnologie-onderwyser vir graad 8 en 9, te verwelkom.
JF se eerste krieketspan beleef goeie seisoen
In verskeie vertonings van pure oorheersing het Jim Fouché se eerste krieketspan hul vaardighede op die veld ten toon gestel met ’n reeks indrukwekkende oorwinnings.
Wiskunde, netbal en musiek, laat hierdie onnie “tick”
Met groot opgewondenheid verwelkom JF vir juffrou Ninelle Jordaan, of soos sy dit verkies: juffrou Nini.Berig deur: Theani Botha Met groot opgewondenheid verwelkom JF vir juffrou Ninelle Jordaan, of soos sy dit verkies: juffrou Nini. Sy kom al die pad van Kimberley en...