Die graad 12’s van 2025 is byna oor die draak se stert. Dit was ’n druk-deur-die-Junie-eksamen, en nou is dit vasbyt-deur-die-rekord-en-eindeksamen. Nog ’n generasie leerders is op die drumpel van die grootmenswêreld.

Wihan Coertzen
Mensehandel – Bloemfontein óók geteiken
“Dis nie net in slegte gebiede waar kinders kwesbaar is vir mensehandel nie. Enige persoon,in enige plek, selfs in Bloemfontein, kan ’n slagoffer van mensehandel wees.” Só sê kaptein Linda Steyn van die Valke.
Swem, Sandkastele en Stiltetyd – JFFJ Gaan Kamp in Durban
Dit was ‘n JFFJ kamp om te onthou – die strand was minder as ‘n honderd meter se stap weg, die breek van branders het die agtergrond klanke gevorm en groot vlieënde goggas was die grootste onaangenaamheid gewees.
Waarom RESPEK die hoeksteen moet wees
Respekteer, respekteer, respekteer… Maar wat beteken respek regtig in hierdie kontekste, en hoe kan ons dit daagliks toepas?
n Eerste, en hopelik laaste, verjaarsdag – ‘n Jaar se konflik in die Midde-Ooste
Op 7 Oktober 2023 val Hamas, en verskeie ander Palestynse militante groepe, die land van Israel aan.
Wanneer dag in nag gehul word: 2024 se sonsverduistering
Op die 8ste April, oor groot dele van die Verenigde State, het dag in nag verander vir die eerste keer in sewe jaar. Die maan het vir ongeveer vier minute tussen die son en die aarde inbeweeg en ’n skaduwee oor die aarde gegooi.
Bou om te breek: JF presteer by Provinsiale Brugboukompetisie
Op die 6de April het JF geskitter in die Wesgrow Sportreeks. Drie spanne het deelgeneem aan die jaarlikse Vrystaat-Brugboukompetisie, en uitstekende prestasies is gelewer.
Dinamies en oulik – dis juffrou Merice
Ons verwelkom hierdie jaar hartlik vir mevrou Merice Erasmus by JF se admin-span.A Human ’n Skool kan nie funksioneer sonder ’n goeie administratiewe kantoor nie. Daardie tannie wat voor pouses afkondig, die onderwysers herinner om afwesighede te doen, al jou toetse...
Jim Fouché-leerder behaal GOUD by Internasionale Wetenskap Ekspo
Jaco se projek waarvoor hy 'n goue medalje verwerf het. Jaco Deysel, ‘n graad 10-leerder, het op 4 Oktober 2023 aan die Internasionale Eskom Wetenskapekspo deelgeneem, en ‘n goue medalje ontvang. Dit is werklik 'n besondere prestasie, veral as in ag geneem word dat...
Oppenheimer – Vernietiger van wêrelde
Poster van die fliek Sedert die dag wat die uitreik aangekondig is, was daar al reeds hoë verwagtinge vir Christopher Nolan se Oppenheimer. Nadat die lokprent vrygestel is, het hierdie verwagtinge nóg groter gegroei. Almal se verwagtinge is weggeblaas. Vir baie lyk...