Jy skryf verwoed. Vraestelle word ingeneem. Dit word iewers by ’n merksentrum gemerk, en jy is angstig verby! Dis hoe byna alle matrikulante se finale eksamen opgesom kan word.
Elshari Pietersen
‘n Lekker ‘lang’ naweek – Ja, net hier by die skool.
Die gr. 8’s is op 18 Januarie 2026 al om 05:00 op ‘n Saterdagoggend voor die skool se hekke afgelaai om ’n lekker naweek saam met hul voogde en die res van die VRL-lede te geniet.
Mooi loop, Juffrou Elmeré!
’n Geliefkoosde onderwyseres, juffrou Elmeré van der Berg, het die skool ongelukkig finaal verlaat nadat sy weer vir ses maande verskoon moes word om nóg ’n netbalseisoen mee te maak.
Mik ’n Rol!
Rolbal is ’n sport wat baie onderskat word. Soos enige ander sport verg dit konsentrasie en koördinasie; jy moet nog steeds teenoor die ander deelnemers respek betoon en dan, soos enige sport maar is, is dit kompeterend.
Twee pare helde op die JF-sportvelde
Een ding wat almal oor sport weet ̶ ongeag daarvan of hulle sportief is of nie ̶ is wie almal in die eerste spanne is. En dan is daar dáái paar atlete wat nie net in één sport vir die eerste span speel nie. Dan verbaas dit mens ook nie wanneer hulle boetie of sussie ook by daardie paadjie afstap nie.
Integriteit se waare kleure
Integriteit is ‘n woord wat JF-leerders baie goed as een van ons waardes ken. Dis net ‘n jammerte dat nie almal presies weet wat die betekenis daarvan is of hoe ons integriteit (of gebrek daaraan) onsself of ons skoolmaats kan beïnvloed nie.
Die Kwiksilvers (2024)
Die eerste week van Februarie is ’n tyd wat die graad 9’s nie sommer sal vergeet nie! Dis die week waar hulle nêrens op die skoolterein gevind kon word nie, maar eerder in die berge tusse spinnekoppe, slange, skerpioene en vele meer – op ‘n gasteplaas genaamd Imla.
Juf. Elrie Groenewald – Omgee is haar middelnaam
Juffrou Elrie Groenewald is as een van Jim Fouché se nuwe LO-onderwyseresse aangestel, en, nes die graadagts s’n, was die eerste dag vir haar nogal oorweldigend, aangesien dit die eerste keer is dat sy voor in die klaskamer moes staan en klasgee.
Buitelugskool
Die eerste week van Februarie is ’n tyd wat die graad 9’s nie sommer sal vergeet nie! Dis die week waar hulle nêrens op die skoolterein gevind kon word nie, maar eerder in die berge tusse spinnekoppe, slange, skerpioene en vele meer – op ‘n gasteplaas genaamd Imla.
Meteorietreën – Die ruimte reën katte en honde!
Op 8 Oktober 2024 was daar ’n Draconid-meteorietreën wat, as gevolg van die orkaanseisoen, in die meeste dele van die Noordelike Halfrond waargeneem kon word.










