Ons is in ekstase om aan ons JF familie bekend te maak dat ons skoolwapen ‘n nuwe “look” gekry het. Die skoolwapen het ‘n paar veranderinge ondergaan, en na dae, weke en selfs maande se beplanning deur personeellede sowel as die beheerliggaam, is dit finaal goedgekeur.
JF Oester
Bokke, wys jul staal!
Michael Steele Die Rugby Wêreldbekertoernooi word tans in Frankryk aangebied (van 8 September tot 28 Oktober 2023). Hierdie tradisie is al dekades oud, aangesien die eerste Rugbywêreldbeker in 1987 in sowel Australië as Nieu-Seeland plaasgevind het. Die mees onlangse...
’n Man wat doen; sy bloed so groen!
Gebore in 1983 in Vanderbijlpark, het meneer Corné Erasmus sy groot lewe klein begin. Aan die einde van matriek is meneer Corné goedgekeur en reg om by die vloot aan te sluit, maar drie weke voor hy sou aanmeld, het hy ’n beurs ontvang om onderwys te gaan studeer. Hy...
JF-redenaars praat land aan die brand!
V.l.n.r. Karla Visser, Franco Deacon, Joshua Deacon en Lisa Botha Foto verskaf Op 12 Oktober 2023, in die nasionale finale rondte van die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie, het ’n uitsonderlike groep jong redenaars van regoor die land byeengekom om hul talente en...
Geesdriftig en gereed vir oorlog!
Op ’n skitterende Oktoberdag in 2023 was die skoolterrein ’n getuie gewees van ’n epiese stryd tussen die wit span en die groen span, wat sou uitloop op ’n oorlog om die Geesbou-kroon te verower. Dit was ’n stryd van ongekende intensiteit, en elkeen was gereed om...
Uitsonderlike matrikulante word vereer
Die Universiteit van die Vrystaat en Netwerk 24/Volksblad se 42ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie is dié jaar deur nie minder nie as viér JF-leerders verteenwoordig. Lohani Saaiman en Larisca Labuschagne was baie verras om deel van die top 25 te wees, en baie...
Matrieks Skitter Op Rooitapyt
Soos die jaar tot ’n einde snel, snel die matrieks se skoolloopbaan ook tot ’n einde. En ná ’n jaar van harde werk het hulle uiteindelik op 6 Oktober 2023 in die vakansie hulle laaste hoera gevier. Hierdie jaar was die tema Coachella, wat, volgens juffrou Cherietha...
“Wiskundeboffin” in die ware sin van die woord
Ons almal het seker al iémand wat ons ken ’n “Wiskundeboffin” genoem; in ons definisie – iemand wat goed doen in die vak en nogal baie daarvan hou, maar Jana Rossouw gee aan daardie woord ’n nuwe definisie! Van kleins af al hou Jana van “dinkspeletjies,” en sy het...
André “Jackie Chan” Visser
Andre spog met sy medaljes André Visser, ’n matriekleerder aan Hoërskool Jim Fouché, en ook ons eie Jackie Chan, is ’n stil leerder, iemand wat nie eers ’n vlieg leed sal aandoen nie. Dit laat mens wonder waar hy aan sy "skop-en-boks" tegnieke kom. Die Oester het gaan...
Eilandlewe (in ’n kokosneutdop)
Dankie dat jy “Goeie Vakansieherinneringe” as jou reisagent gekies het. Vandag, in die vervelige wiskundeklas, gaan ons terug na 2023 se Julie-skoolvakansie. Maak dus seker jou sitplekgordel is vas en geniet die vlug terug na jou eiland-ervaring in Zanzibar. *** Om op...










