JF OESTER

Die Voormalige Oogappel Van Die Vrystaat Sukkel Om Kop Bo Water Te Hou – Plattelandse Dorpies

Die Voormalige Oogappel Van Die Vrystaat Sukkel Om Kop Bo Water Te Hou – Plattelandse Dorpies

Oct 31, 2025

Berig Deur Diaan Liebenberg

Die plattelandse dorp – eens die oogappel van die Vrystaat – is nie meer wat hy was nie. Geboue is verwaarloos, besighede sluit hul deure, mense is werkloos, en daar is rommel in die strate. Dit is als ’n opsomming van dorpies in hierdie oomblik. Maar waar het alles verkeerd gegaan?

Wanbestuur wat oral sy kop uitsteek, is aan die orde van die dag. Munisipaliteite stort ineen as gevolg van amptenare wat geld in hul eie sakke steek, en as gevolg hiervan geen instandhouding aan dorpies kan doen nie. Ons polisie is ook nie wat hy eens was nie, en hoewel almal nie oor dieselfde kam geskeer kan word nie, is daar steeds vrot appels. Sommige polisiebeamptes rook sommer saam daar waar mense dwelms misbruik.’n Gebrek aan gevolge (bv. vir vandalisme en diefstal) dra ook by tot die verval van ons eens geliefde plattelandse dorpe.

Dorpe kry ook nie meer ’n inkomste nie, soos myndorpies soos Koffiefontein wat hul myne moes sluit omdat daar nie geld is nie. Dit lei tot werkloosheid; mense raak desperaat vir geld en die bose kringloop van steel en misdaad begin weer.

Skole in klein dorpies sukkel ook met onopgeleide onderwysers, wat maak dat kinders sonder opvoeding sit, en haweloosheid, misdaad en dwelmmisbruik weer aanmoedig.

Ek self as ’n plattelandse inwoner, kan sê dit is hartseer dat ek honderde kilo’s moet weggaan net om skool toe te gaan. Dit terwyl ek elke keer in my dorp inry en moet wonder wat hierdie dorp kon bereik het.

Die Voormalige Oogappel Van Die Vrystaat Sukkel Om Kop Bo Water Te Hou – Plattelandse Dorpies

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.