“Al wat jy doen is om ’n skaakstukkie op ’n bord rond te beweeg!” Of: “Dit is nie ’n sport nie.”
Dit is voorbeelde van algemene opmerkings wanneer mense skaak bespreek. Skaak word wel geklassifiseer as ’n sport, maar dit voel so uit plek uit tussen ander sportsoorte. As ’n mens dink aan ’n sport dink, dink jy aan iets … wel, aktief.
Maar tog, vra enige skaakspeler of hulle dink dat skaak ’n sport is, en hulle sal vir jou vertel dat dit ’n veldslag is, wat bloot net nie op ’n veld plaasvind nie, maar op ’n bord. En jou brein is jou grootste wapen.
As self ’n skaakspeler kan ek bevestig dat ons by hierdie punt sal staan omdat ons ook graag wil sê ons speel sport! Tog, wie besluit wat is sport en wat is nie sport nie? Gee dus erkenning aan jou skaakvriende. Prys hulle vir unieke sport. So ’n klein daad sal hulle dag werklik beter maak.
NS: Iemand het al sy been gebreek in skaak – hy het op sy stoel gery en toe gly die pote onder hom uit. (Ons sê mos dis gevaarlik.)
Diaan Liebenberg



0 Comments