JF OESTER

Marvel het uiteindelik wakker geskrik … Maar is dit te laat?

Aug 6, 2025

Berig Deur Diaan Liebenberg

Thunderbolts is die 38ste fliek in die Marvel-reeks, waarvan nie veel verwag is nie, maar dit het kykers laat uitstap met monde wat oophang.

Die fliek stel ons bekend aan ’n groep onbekende karakters, maar hulle verander gou in karakters waarvan jy meer wil sien. John Walker is byvoorbeeld een van die antagoniste in ’n vorige Marvel-film, een van wie jy nie hou nie, maar nou ontwikkel die kyker empatie met hom.

Thunderbolts is ’n baie emosionele film met ’n baie emosionele ontknoping. Die karakters is almal karakters met traumatiese agtergronde. Hulle worstel met gevoelens van betekenisloosheid en leegheid, maar hulle wil verbeter.

Thunderbolts is ’n ware verligting ná die katastrofe waarin Marvel geval het ná Avengers Endgame. Die flieks het ontaard in swak geskrewe films omdat rolprentvervaardigers gedruk word om soveel as moontlik geld te maak. Die intriges in flieks soos Antman and the wasp: Quantumania en The Marvels is so sleg dat jy jou TV met ’n gholfstok wou stukkend slaan. Baie fliekgangers het alle vertroue in Marvel verloor en dus, toe Thunderbolts, ’n uitstekende film, die lig sien, het die fliek nie eens gelyk gebreek nie en is as ’n mislukking geklassifiseer.

Ons hoop dat die hoë koppe by Marvel hierdie as groeipyne sien, en nie verval in hul ou maniere nie. Marvel is in ’n uiterse ongemaklike posisie waar hul volgende fliek (Fantastic 4) uitstekend moet wees a.g.v. groot kompetisie, naamlik die Superman-fliek. As die nuutste Fantastic 4 so sleg is soos die voriges, gaan Marvel oor die afgrond stort omdat hierdie karakters baie belangrik word vir volgende jaar se Avengers Doomsday, ’n amper biljoendollar-film.

Mag dit nie die oordeelsdag vir Marvel wees nie …

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.