“Daar is een ding wat niemand van Jim Fouché kan wegvat nie, en dit is gees!” het juffrou Jannecke Koekemoer die oggend van die kleure-atletiek laat hoor. Orals op die skoolgronde was flitse van wit en groen soos die twee spanne geskarrel het om punte bymekaar te...