Kom ons as JF-leerders ondersteun mekaar en werk saam, want ek weet – saam is ons ’n rots – ’n krag om mee rekening te hou.

Corlé Roos
Dit gaan mal by die Maskerbal!
’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!