JF-leerders bring lag en liefde na Westerbloem Ouetehuis
Op Woensdag, 27 Augustus, het die ATKV-jeugtak van Jim Fouché ons trots gaan wys by die Westerbloem Ouetehuis. Ons het nie net gegaan om koekies te eet en koffie te drink nie (al was dit aanloklik), maar om ’n bietjie JF-gees, humor en liefde saam te vat.
POTCH: Die graad 11’s gaan groot!
Die klok lui vir die tweede laaste periode. Die klank van haastige voetstappe en opgewonde gesprekke kan regoor Hoërskool Jim Fouché gehoor word, en dit is beslis nie omdat hulle op pad klas toe is nie … Potch-kamp wag!
Woorde wat Wêrelde Bou…
Stel jou voor hoe die wêreld sou lyk as ons mekaar elke dag met opregte vriendelikheid en waardering tegemoet sou loop …
MAMMAS MET MERKWERK
Dit verg ‘n groot hart om ‘n juffrou te wees, maar nog ‘n groter hart om ‘n ma te wees. Maar wat van dié wondervroue wat altwee is? Hoërskool Jim Fouché spog met ‘n handvol van hierdie wondervroue.
Wat doen jý na Matriek?
Die graad 12’s van 2025 is byna oor die draak se stert. Dit was ’n druk-deur-die-Junie-eksamen, en nou is dit vasbyt-deur-die-rekord-en-eindeksamen. Nog ’n generasie leerders is op die drumpel van die grootmenswêreld.
Meningstuk: Jonk, wild en wys?
Dis Dinsdagoggend, en ’n jong onderwyseres glip haastig deur die skoolhek; denimbaadjie oor ’n netjiese rokkie, koffiebeker in die een hand en ’n register vol lewensverhale in die ander.
Nasionale Vrouedag: Waaroor die bohaai?
Kom ons as JF-leerders ondersteun mekaar en werk saam, want ek weet – saam is ons ’n rots – ’n krag om mee rekening te hou.
Marvel het uiteindelik wakker geskrik … Maar is dit te laat?
Thunderbolts is die 38ste fliek in die Marvel-reeks, waarvan nie veel verwag is nie, maar dit het kykers laat uitstap met monde wat oophang.
NIGGIES – DIE SKOKVERHAAL WAT SUID-AFRIKA AANGEGRYP HET
Die meeste Suid-Afrikaners het die reeks “Niggies” gekyk, wat gebaseer is op ’n ware verhaal. Stokstywe rue op banke, geskokte oë wat dit nie kon glo nie.
Jim Fouché se Nuwe Onderwyser: ’n Masjien?
Ek stel voor: Jim Fouché se nuwe “onderwyser”. Nie van vlees en bloed nie, maar van kode. Nie ’n opvoeder nie, ’n algoritme. WELKOM BY DIE KI-ERA.










