Daar was baie verrassings. Wie het byvoorbeeld gedink juffrou Elderie kan so ’n diva wees? Eintlik het die hele Taylor Swift-cast die gehoor na hul asems laat snak! Die aand het baie verskillende temas gehad. Die onderwysers was haaie en dinosourusse, swemmers en popsterre. En elke een het behoorlik geskitter!
Daar was ’n klomp hoogtepunte van die aand, byvoorbeeld die onderwysers wat, sonder ’n backtrack (!) ’n lied van Adele opgevoer het, met onder andere meneer Donnavan op die dromme, juffrou Ilse wat sing, en juffrou Isabel op die klawerbord. Maar van wat ek gehoor en gesien het, was die hoogtepunt juffrou Leta, wat ’n uitstekende vertoning in die klaskamer uitgebeeld het as DIE Afrikaanse onderwyser!
Kortliks was die aand een om te onthou, een vol talent en vermaak. Ons sal beslis nooit weer ons onderwysers vlak kyk nie!



0 Comments