Al die leerders wat deel van dié twee produksies was, nl. Blindelings en Kunsmatig, het skitterende uitslae behaal, en almal kon die absolute passie vir die verhoog sien; ook hulle passie vir die drama ágter die skerms! Dié dramaleerders (insluitende die regisseurs, klankspan, tegniese span en stelbouers) het van brons tot goud verwerf, en Jim Fouché se naam hoog gehou.
Op 4 Augustus het die skool uiteindelik die kans gekry om hulle in aksie te sien – ná maande se harde werk, en lang ure wat dikwels ongesiens verbygegaan het. Die eerste produksie, Blindelings, wou die gehoor met die herhaalde aanhoor van die woorde “Daar is ’n groot oop plein,” saam met die hoofkarakter laat vlug, maar hierdie herhaling was funksioneel, en daar was ook vele snaakse oomblikke wat die gehoor laat skaterlag het. Die tweede produksie, Kunsmatig, het vir genoeg koue rillings, afgewissel met skoenlappers, gesorg, en plek-plek was die saal so stil jy kon ‘n speld hoor val.
Die span het ook van 6 Augustus tot 9 Augustus in Montagu getoer, waar hulle ’n onvergeetlike herinneringe gemaak het. “Dit was ‘n baie goeie geleentheid om mekaar beter te leer ken en mekaar op ’n dieper vlak te verstaan,” sê Elanelle Strydom, aktrise van Kunsmatig.
Ná al die suksesse wat deur die twee produksies behaal is, wens Jim Fouché hulle en hulle regisseurs, mee. Stella Nortier en Monique Booth, hartlik geluk met uitstekende werk!
Julle bydrae tot JF-kultuur gaan nie ongesiens verby nie.



0 Comments