JF OESTER

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

Aug 25, 2026

Berig Deur Adele Pienaar

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Een ding was egter seker: Hierdie was nie ’n wedstryd waar jy rustig kon sit en kyk nie.

Die wedstryd het 1 elk geëindig, wat beteken het dat die spanne na ‘n 8 second shootout moes gaan. Vyf spelers van elke span is gekies, en die spanning het vinnig begin opbou. JF het twee van hul vyf kanse benut, terwyl Grey een gewen het. Toe die skeidsregter aankondig dat JF gewen het, het almal gedink dit is verby.

Toe nou nie.

Grey se afrigter het daarop gewys dat daar nog een van hul spelers was wat moes gaan. So, net toe almal begin feesvier, moes die spelers weer terug veld toe. Grey het ’n punt aangeteken, en die telling was 2–2. Nou was dit ‘n sudden-death shootout. Die spanning was nou op ’n heel ander vlak.

Eben Sander het vorentoe gestaan en met groot vernuf JF op die voorvoet gesit, wat beteken dat Grey hul volgende een móés aanteken om in die wedstryf te bly. Almal het gewag. Niemand wou eers asemhaal nie. Gelukkig was Wessel Lombard in die doelboks …

Toe kom die oomblik — Grey kry nie die doel nie, want, soos lank daarna nog deur die gange van JF weerklink het: “Wessel is ’n monster!”

Die fluitjie blaas, en JF wen!

Wat daarna gebeur het, was amper net so goed soos die oorwinning self. ’n Groen golf het op die veld afgestorm. Spelers en ondersteuners het mekaar omhels, geskree en die oomblik saam gevier.

Want hierdie was geen gewone oorwinning nie. Vir die eerste keer in die skool se geskiedenis, het JF daarin geslaag om vir Grey in ’n halfeindstryd te klop.

En alhoewel JF ongelukkig nie die eindstryd gewen het nie, kan niemand wegvat wat hulle in die halfeindstryd reggekry het nie. Dit was intens, dit was ’n bietjie van ’n emosionele rollercoaster, en vir almal wat daar was, was dit ’n voorreg om deel van die geskiedenis te word.

Sommige wedstryde eindig wanneer die fluitjie blaas. Ander word ’n storie waaroor nog lank om braaivleisvure gesels sal word.

Fotograaf : LIANA van NIEKERK

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.