JF OESTER

JF vier Kultuur

Aug 25, 2026

Berig Deur Corlé Roos
Dis nie net ‘n balkie wat op jou blazer blink nie.

Dis redenaarstoesprake wat in Desembervakansies geskryf word; Voortrekkerkampe vol stof en veldwerk; Landsdiensnaweke, laataand-kunswedstryde en urelange toneel- en sangoefeninge op die stowwerige verhoogvloer, terwyl daar agter die skerms woes op tweerigtingradio’s gepraat word om klank en ligte net reg te stel. Tussen die geroesemoes deur is daar kameras wat flits en stories wat geskryf word, en iewers mag jy dalk net jou gesig in ‘n Oester-berig sien.

Flink vlieg juffrou Malan deur die lys. Die Voortrekkers is eerste aan die beurt met ‘n indrukwekkende optog van fakkels en blou onderbaadjies waarop talle kentekens pryk. Daarna word die Graad 12 toptienleerders aangekondig, met skitterblink glimlagte en selfs beter punte, gevolg deur die kunsleerders, wie se harde werk altyd so stylvol op elke Opedag uitgestal word.

Die ATKV-leerders, by wie jy iewers al ‘n melktertjie gekry het of ‘n deur sien versier het, en dan vir die ekstroverte – die debatteerders en redenaars, en ja, hulle begin al in Desember hulle toesprake skryf!
Ons eie seerowerskip vol talente: Bellisima. Ure se harde werk in die sangklas, wat, soos ons almal al gesien het, sorg vir ‘n asemrowende vertoning. Landsdiensleerders wat liefde kweek vir arbeid en diensbaarheid, hulle medemens en hulle Skepper.

Die Oester: Wat jý nie weet nie, skryf óns neer, en wat jy nie sién nie, neem óns af. Tienertoneel: Beide toneelstukke met hul uitmuntende prestasies, pas terug van Montagu en reeds weer klaar opgetree in die Wynand Mouton-teater. Die Kunste-akademie, propvol drama, musiek en dans.

En laastens, maar beslis nie die minste nie – die tegniese span. Die primêre rede waarom ons kultuursaal so vlot verloop.

Tel dus daardie kitaar op, gaan vir die oudisie of probeer om die skool se temperamentele saalprojektor te verstaan. Probeer om voor mense te leer praat of help met ‘n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.