JF OESTER

Magiese meneer en mejuffrou JF

May 10, 2026

Berig Deur Karli Botha
Lank, lank gelede… Of eerder meer onlangs op 6 Mei 2026, was dit Hoërskool Jim Fouché se lang verwagte Mnr. en Mej. JF.

Baie leerders het uitgesien na hierdie glansryke aand en hulle is beslis nie teleurgestel nie! Die aand het soos iets uit ’n sprokiesverhaal gevoel en gelyk met die tema “Once Upon A Time,” wat duidelik sigbaar was. Oral was asemrowende versierings in skakerings van blou, goud en silwer. Die dekor en beligting het bygedra tot die betowerende atmosfeer.

Die 22 finaliste het beslis ’n paar asems weggeslaan toe hulle die verhoog betree het. Hulle uitrustings was pragtig en het soos iets uit ’n feeverhaal gelyk. Elke finalis het gestraal. Daar gaan egter baie harde werk in so ’n aand in, en daar is gereeld geoefen om foutlose dansroetines te lewer. Vanjaar se aanbieder, Benita Jacobs, wat self ‘n oud JF’er is, het die aand met energie en absolute oorgawe gelei, en gesorg dat die aand glad verloop.

Maar soos enige goeie sprokie moes daar ’n gelukkige einde wees, veral vir ons twee wenners, Darius Crowther en Imke Rust, wat onderskeidelik gekroon is as Mnr. en Mej. JF. Die aand was verseker ’n groot sukses en gaan nog lank op almal se lippe wees.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.