JF OESTER

Problematiese Verantwoordelikheid

Feb 14, 2025

Berig Deur JF Oester

Jy sit in die klas en doen jou werk. Die volgende oomblik klop juffrou Koekemoer aan die klas se deur en vra om met jou buite die klas te praat. Jy dink aan elke moontlike ding wat jou in die moeilikheid kon kry, en probeer ’n storie uitdink om moeilikheid vry te spring.

Wanneer ’n mens in die moeilikheid is, probeer jy aan enige rede dink om vir iets of iemand anders die skuld daarvoor te gee. Verskonings soos “My vriende het my forseer, ek was besig met ander belangrike goed” of selfs – “Ek het nie daarvan geweet nie,” word gereeld deur onderwysers aangehoor. As onderwysers vir jou vra om jouself of jou optrede te verduidelik, vertel jy die mees stroopsoetstorie wat vir jou die eerste plek in ’n redenaars-kompetisie kan wen, net om nie strafpunte te kry nie.

Die probleem kom egter in wanneer jy elke klein besonderheid van die storie moet onthou. As jy die heeltyd dieselfde verskoning het, gaan mense begin agterdogtig word en sal jy aan ’n nuwe storie moet dink. Later het jy soveel stories dat jy sélf deurmekaar raak en dele van die storie verander of omruil.

Dit veroorsaak dat mense besef jy praat nie die waarheid nie. Op die ou einde word jy in elk geval uitgevang en moet jy die strafpunt-vormpie vir jou oortreding én die leuens teken.

Mark Twain, ’n bekende Amerikaanse skrywer, het gesê: “If you tell the truth, you don’t have to remember what you said.”
Deur die heeltyd verskonings uit te dink en ander te blameer vir jou optrede, skep jy ’n slegte beeld van jouself en begin al hoe minder mense jou vertrou. Elke keer wat jy ’n vinger na iemand anders wys, word jou menswaardigheid in ander se oë drie keer kleiner. Jy word berug as iemand wat nie verantwoordelikheid kan neem vir jou optrede nie en altyd die blaam verskuif. Mense begin jou dan al hoe minder vertrou en glo.

Die slegste van alles, is dat jy nie net jouself in die voet skiet wanneer jy nie veranwoordelikheid neem nie, maar dat jy deur jou stories ook ander seermaak. Die mense rondom jou is die slagoffers van jou onverantwoordelike optrede. Of dit is omdat jy vir hulle die skuld gegee het vir iets wat jy gedoen het, en of dit is dat hulle heeltyd vir jou onverantwoordelikke optrede verskoning moet maak, hulle word ook ondertoe getrek as gevolg van jou.

Jy kom buite die klas en juffrou Koekemoer wil onmiddellik weet of jy weet hoekom jy uitgeroep is. Jy sug en dink aan watter antwoord jy op haar vraag moet gee …

“Ja, Juffrou, ek is verantwoordelik vir…”

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.