JF OESTER

Hoe rooier hoe mooier! JF vier gunstelingrooikoppe op Nasionale Rooikopdag

Hoe rooier hoe mooier! JF vier gunstelingrooikoppe op Nasionale Rooikopdag

Nov 5, 2024

Berig Deur Gé Coetzee

Rooikoppe… Jy kan hulle nie miskyk nie! Hulle word ook geken aan vele ander name soos: kerriekop, gemmer of wortelkop. Maar waar kom hierdie unieke haarkleur vandaan? En wié is die top drie rooikoppe in JF?

Rooi hare is nie so nuut soos wat jy sal dink nie. Hierdie resessiewe geen bestaan al vir 50 000 jaar, toe die “oorspronklike gemmers” in die graslande van Sentraal Asië gevind is. In klassieke literatuur word rooi hare in mans gesien as die toonbeeld van alles wat barbaars is, terwyl dit die krag van die natuur in vrouens weerspieël het.

In die vroeë Christendom is Judas en Moeder Maria met rooi hare geskets: sleg vir mans en goed vir vrouens. Rooi hare suggereer onbetroubaarheid in mans, maar word in vrouens gelykgestel aan ‘n hart van goud.

Die verandering van dié menings word gesien in die Renaissance Era met Koningin Elizabeth I. Haar pa, Koning Henry VIII, was ‘n rooikop met van die slegste “anger issues” ooit in die geskiedenis! Vra net haar ma, koningin Anne Boleyn, wat ook ‘n rooikop was, maar nogsteeds haar kop verloor het …

Maar hoe het mense in verskillende tydperke op hierdie unieke voorkoms gereageer? Wel, in antieke Griekeland het hulle geglo dat mans met rooi hare verbrand moes word en hulle as voor die graf van Osiris, die Koning van die dood, gestrooi moes word. In die Romeinse tye het hulle geglo dat alle rooikoppe weersprekende gedrag veroorsaak het. Die Middeleeue was die ergste van almal: Hulle het geglo dat rooi hare ‘n demoniese eienskap was!

Deur die geskiedenis het rooikoppe ‘n moeilike tyd gehad, maar al kan ons nie die verlede verander nie, kan ons ‘n verskil maak vandag! Egte rooikoppe maak maar net 1-2% van ons bevolking uit. So as jy ‘n rooikop is, wees trots op hierdie unieke eienskap. En onthou, jy het iets gemeen met die eerste Koningin Elizabeth!

n Paar interessante feite van rooikoppe is dat hulle hare eerder witter met ouderdom sal word as grys. Hulle liggame produseer ook meer Vitamine D in ‘n korter tydperk as ander haarkleure. Hulle het ook meer sproete op hul velle as enige ander haarkleur! Die enigste nadeel is ongelukkig die son. Die son dink rooi hare is net só aantreklik … (Dankie tog vir SPF 50!) Alhoewel ‘n rooikop soveel son kry, bly hy/sy maar steeds so wit soos ‘n spook, en verbrand voordat dié ‘n lekker tan kan kry. Daarom het rooikoppe ook hulle eie Nasionale Rooikopdag, elke jaar op 5 November.

Nou is dit die oomblik waarvoor almal gewag het: Die Top Drie Rooikoppe van JF!

Dankie vir elke nominasie wat deur verskeie leerders gemaak is. (Ons het meer as 220 nominasies ontvang!)

Kom ons vier hierdie unieke haarkleur saam op 5 November op Nasionale Rooikopdag.

Hoe rooier hoe mooier! JF vier gunstelingrooikoppe op Nasionale Rooikopdag

Artikel deur Gé Coetzee
Fotograaf: Shiloh Smit

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.