JF OESTER

JP Botha Atletiekbyeenkomste – Jim Fouché hardloop die kompetisie weg!

JP Botha Atletiekbyeenkomste – Jim Fouché hardloop die kompetisie weg!

Oct 28, 2024

Berig Deur Lisa Botha

Op julle merke …

Die JP Botha Atletiekbyeenkoms van Hoërskool Jim Fouché het op ‘n helder Saterdag (19 Oktober 2024) plaasgevind. Dit was ‘n dag gevul met spanning, energie en die geskarrel van voorbereidings. Van vroegoggend af het die atlete hulself reggemaak vir die uitdaging wat voorlê, elkeen met sy eie droom en doelwit om hul beste te gee vir hul span en skool.

Gereed …

Die gees op die veld was tasbaar, en soos elke wedloop afgetel is, het die gehoor in afwagting gesit. Met elke tree en sprong het die atlete hulle uiterste gegee. Hulle het deur moeilike oomblikke vasgebyt, en hul deursettingsvermoë het keer op keer gewys waarom hulle die beste is. Hulle moed en vasberadenheid het ons almal geïnspireer en trots gemaak op wat hulle bereik het.

GO!

Met die fluitjie wat opklink, het die wedlope begin, en die uislae was ongelooflik. Elke leerder kan hul kop hoog hou vir die uitstekende vertonings. ‘n Spesiale vermelding gaan aan Maruné Dreyer, wat daarin geslaag het om ‘n SA-kwalifiserende tyd te hardloop! Haar prestasie was net een van vele wat ons met trots vervul het, terwyl elke atleet hulself uitgedaag het om nuwe hoogtes te bereik.

Ons wil elke deelnemer bedank vir die harde werk en toewyding wat hulle getoon het. Dit was nie net ‘n dag van prestasie nie, maar ‘n dag waar die krag van samewerking, ondersteuning, en spanwerk geglinster het. Aan elke afrigter, ouer, organiseerder, en ondersteuner: Julle het hierdie dag iets besonders gemaak. Sonder julle sou hierdie byeenkoms nie moontlik gewees het nie. Dankie vir elke uur, elke opoffering en elke glimlag wat gesorg het dat ons atlete op dié dag hul drome kon najaag.

Met trots sê ons dankie aan almal wat deel was van hierdie ongelooflike dag.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.