JF OESTER

Tienertoneel: Meer as net verbeelde talent

Aug 20, 2024

Berig Deur Ansje Bekker

Tienertoneel: Meer as net verbeelde talent

`n Kwessie van verbeelding is een van die twee tienertoneelstukke vir 2024 opgevoer deur Hoërskool Jim Fouché. Hierdie toneelstuk is ’n klug (’n tipe komedie wat op misverstande berus) wat die gehoor telkens laat skaterlag het!

Daar gaan baie in om ’n toneelstuk suksesvol aan te bied – veral ’n klug. Die leerders en die onderwysers betrokke (Regisseurs: Mee. Isabel Theron en Michelle Luwes) het vreeslik hard gewerk, maar ook lekker pret gehad in die voorbereiding van hul dramastuk.

Hierdie toneelspan het hul eerste vertoning in JF se skoolsaal op 30 Julie 2024 aangebied. Na lang ure van repeteer elke week, kon dié dramaleerders uiteindelik hulle eerste oomblik in die kollig geniet. Die skool het die vertonings baie goed ondersteun. ’n Paar gunstelingoomblikke sluit in toe “Geraldine” die eerste keer uit die kas spring … of toe arme Carmen in die gesig met water gespoeg is. Die onderwysers self in hul massas opgedaag en kon bietjie ontspan en toneel kyk na ’n rowwe Maandag.

Op 1 Augustus het hierdie toneelspan saam met die leerders van “Kinderson,” JF se ander toneelstuk, na Fraserburg vertrek om aan die Logan-toneelfees deel te neem. Die bussie was gelaai met leerders en die adrenalien was tasbaar. Hulle het in Beaufort Wes geslaap en vroeg die volgende oggend na Fraserburg deurgery. Daar moes hulle blitsvinnig die skool verken en dadelik hul stel, klank en beligting op die nuwe verhoog toets. Na die groot haas, kon hulle darem hul blyplek kry en afpak. Die leerders het die kleine dorpie platgeloop van hoek tot hoek, want hulle het eers laat daardie aand opgetree.

`n Kwessie van verbeelding het hul merk gelos in Frazies! Na ’n lang aand van vertonings op ’n yskoue Vrydagaand, het Kwessie van Verbeelding uiteindelik hulle kans gekry om te skitter, en dit was ’n welkome breek van al die tragiese stukke wat voor hom opgetree het.

Die volgende dag was dit basaar, padstal, sokkie en die prysuitdeling wat voorgelê het. Niqlynn Coetzee en Tenika du Plessis het brons verwerf. Dit was ’n onvergeetlike lekker toer met soveel goue oomblikke vir die leerders!

Die klein-dorpie-optrede op skoolverhoë is nou verby. ’n Kwessie van verbeelding se volgende opvoering was op 7 Augustus tydens die ATKV Toneelfees by die Universiteit van die Vrystaat in die Wynand Mouton; ’n pragtige teater!  Van begin tot einde was alles deel van ’n werklik besonderse ervaring om in hierdie teater te kon optree. Daar was ’n mentorsessie na afloop van die optrede waar Chris Voster en Marijda Kamper met die hele toneelspan gepraat het. Die akteurs, tegniese span, verhoogbestuurders en regisseurs het almal hierby gebaat. ’n Kwessie van verbeelding het brons vir produksie en stelontwerp, en silwer vir regie, klank en ensemblespel gekry; en Dian van Wyk het `n brons verower vir sy spel. Chrisna Froneman en Zanél Myburgh het die toekenning vir beste verhoogbestuurders van die hele kompetisie ontvang.

Die laaste kompetisie waaraan ’n Kwessie van verbeelding deelgeneem het, was die FAK Allegretto toneelfees. Hulle het uitmuntende prestasies behaal en het algeheel derde geëindig, asook die toekenning vir die beste komiese produksie gewen.

Vir nou kan hierdie drama-leerders egter eers hul uitrustings ophang, en lekker ontspan na ’n marathon-dramafeeste!

Trots tienertoneel!

Berig deur: Ansje Bekker

Toneel

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.