Die jaarlikse Kunswedstryd het weereens bewys, dat die rugbyveld nie die enigeste plek is waar JF presteer nie.
JF het altesaam 63 inskrywings gehad. Daar was 51 leerders wat deelgeneem het. Van Monoloë tot Gedramatiseerde gedigte het JF se naam hoog geloop.
Hier is n vinnige opsomming:
A++ — 12
A+ — 13
A — 26
B+ —11
B — 1
Ek dink almal kan saam stem om voor op ‘n verhoog te praat ,is nie maklik nie. Daarom wil JF sê “Dankie” vir die dapper kultuurdiere ,wat JF se naam hoog hou.
JF is trots op hulle kultuurdiere en is dankbaar vir julle elkeen se dapperheid.
0 Comments